Verwoesting van mopaniebome
OMGEWINGSOPVOEDKUNDIGE SKRYF:
Graag wil ek aansluit by die besorgdheid van “Anoniem” oor die verwoesting van mopaniewoude in die Kunenestreek en veral in die Ugabvallei.
Dit is nou al jare wat ek as omgewingsopvoedkundige moet aanskou hoe vragmotors vol houtskool vanuit hierdie vallei weggery word.
Die tendens was tot nou toe draaglik met die hoop dat die owerhede ’n ogie oor die bedrywighede hou en dat die nodige regulasies gevolg word. Die situasie het egter in die laaste tyd só geëskaleer dat ek nie meer kan stilbly nie. Dit is veral op die plase wat van Outjo in Vingerklip se rigting strek waar die stroping die laaste tyd buitensporig toeneem.
Ek is vertroud met die sensitiwiteit van die mopanie-ekosisteme en ook hoe mopaniebome “geoes” kan word vir brandhout en kole. Mopaniebome moet anders hanteer word as sekelbos en haakbosse, wat indringers is. Mopaniebome is nie indringers nie, maar verander in struike as dit nie reg hanteer word nie.
Daar bestaan voorskrifte van hoe dit “volhoubaar” gedoen moet word, maar die permithouers hou nie by die regulasies nie en daar word nie kontrole toegepas nie.
Mopaniebome, as deel van die mopanie-savanna, is een van ons kosbaarste hulpbronne en moet met respek behandel word. Die bome groei stadig en as dit een maal verkeerd gekap of gestroop word, verander dit die hele ekosisteem.
Mopaniekole, word ook na Europa uitgevoer waar dit as ’n “volhoubare hernubare” produk bemark word, ’n feit wat ek persoonlik ervaar het.
My vraag is: Is dit waar? Is dit waar as ’n mens werklik sien wat in die Ugabvallei gebeur? Hierdie skrywe sluit aan by Anoniem in ’n desperate poging om ’n stem te wees vir ons omgewing, ons mopaniebome, met die hoop dat ander lesers ook kan saamstaan en vra vir optrede teen hierdie ongeoorloofde vernietiging en stroping.
Mopanie-groete
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie