Photo Caption
Photo Caption

Verwaarlosing in die hede?

Lesersbrief
Besorgde inwoner

BESORGDE INWONER VAN GIBEON SKRYF:

In die laat sewentigerjare is huise spesifiek en eksklusief vir pensioenarisse en gestremde ouer persone gebou. 

As ’n inwoner verhuis of gesterf het, het die huis na die dorpsraad teruggeval, sodat ’n ander waardige senior burger (ouer as 60) daar kon woon. Vandag is dit nie meer die geval nie. Jongmense woon nou daar, terwyl honderde pensioenarisse haweloos is. Baie van hierdie huise is in ’n haglike toestand. Wanneer het hierdie status na algemene behuising verander?

Dieselfde verval is by regeringsgeboue sigbaar. Sommige staan leeg of val inmekaar. Ander word deur private persone beset. Huise wat destyds vir onderwysers en staatsamptenare gebou is, word steeds deur mense bewoon wat lankal afgetree of uit diens is, of dit word selfs onwettig onderverhuur.

Kombineer dit met verouderde en onvoldoende waterpype (waar 15 mm-laedrukpype blykbaar die “aanvaarde standaard” geword het) en die totale afwesigheid van selfs net een speelpark vir ons kinders, dan vra mens noodwendig: Is dit alles bloot ’n toeval, of die totale ineenstorting van plaaslike bestuur?




Kommentaar

Republikein 2026-09-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer