Veldbrande in Spanje breek rekord
Verwoestende veldbrande het vanjaar reeds meer as 343 000 hektaar in Spanje vernietig. Volgens die Europese Veldbrandinligtingstelsel (Effis) was die vorige rekord vir dieselfde tydperk 306 000 hektaar in 2022. Brande neem toe in Spanje met sy warm, droë somers en uitgestrekte woude. Droogte, hoë temperature en sterk winde vererger die risiko. Foto Getty Images/Anadolu
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie