Uit die dagboek van Mokaleng
SOUT PANAFRICANIST SKRYF:
Inwoners van Mokaleng is nie gekant teen ontwikkeling nie. Inteendeel, hulle wil alle ontwikkelings met hul hande vat. Hulle wil nie in die skaduwee van ontwikkelings beland nie.
Die Grondwet is vir die behoud van kulture en norme. Die motse-konsep is nie ’n vloekwoord nie. Dis ’n gevestigde Afrika-tradisie.
Munisipaliteite verwyder straatverkopers as hulle oortree. Waarnatoe trek die Kgotla as dit blyk hy het ook oortree. Of is samesmelting met die munisipaliteit aan die kom. In die koloniale verlede het ’n ysterpyp-baken tussen die motse en die militêre kamp gestaan, met ’n kennisgewingbord daaraan. Wie eintlik is nou binne wie se grense. Wie is junior en wie is senior?
Inwoners van Mokaleng is bewus van die swaarkry van die mense van Kaanan met brandhout. Water daar is ook ’n kopseer.
Dit is bekend wat van Gobabis se fontein geword het. Uit vrese vir malaria is hy toe ge-“bulldozer”.
Mense hier wil nou van die inkomende munisipaliteit hoor, wát alles moet hulle prysgee vir ’n paar straatligte, wanbestuur, ensovoorts.
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie