No Image Caption

Troosboodskap verwar tye

Mandy Rittmann
|AWEBAHE JOHANNES ?HOESEB WRITES:

Algemene verskynsel wat gebeur

Lewe en dood word soms verwar



Hierdie lewetjie is soms maar goor

Prys nou en dan om my op te beur



Doen dit onderwyl ek nog kan hoor

My oorskot sal dit glad nie kan hoor



Ek sal net kan ruik die blommegeur

Slegs as ek die reuk in lewe ervaar



Spreek enige dank in lewe in my oor

Sonder asemhaal kan ek nie luister



Vermaan my tydens my lewensfleur

As ek te sterwe kom is kans verbeur



Solank ek lewe moenie moed verloor

Bly maar hoop en glo ek sal bekeer.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-11-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer