Trokdrywer se gebed
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Vanoggend op my knieg, O' Heer
Dankbaar vir lewe elke keer
Aan U alleen gee ek eer
’n Trokdrywer seën vra ek nog ’n keer
Here, seën my op die pad
Na waar kronkeldraaie my vat
Oor die opdraende
Tussen berge met die weer
Oor grote vlaktes wyd
Met Suiderkruis ver suid
Beskerm my geliefdes tuis
My vriendekring ook inkluis
Al my kennis kom van U
Vra vir geduld op my knieg
Bid vir beskerming vir ieder elk
Kollegas besluit U is ons held
Saam as ’n familie groot
Vir ’n kers en ’n brood
Bewaar my met my trok
In my hart koester ekke nie ’n wrok
Amen ja Amen, O grote Heer
Onner sterre hemel my kop neer
Neem my swak hand, maak my sterk
Dankbaar vir krag om te werk
Met geduld en glimlag dankbaar
Vrinne en familie uitgespaar
Kollegas en kennisse is familiekring
Onder U bloed sal ons sing
Neem my vrag tot eindpunt
Daar waar ons ’n glimlag vind
Danke ons getroue Hemelheer
Amen ja Amen tot U eer. . .
Vanoggend op my knieg, O' Heer
Dankbaar vir lewe elke keer
Aan U alleen gee ek eer
’n Trokdrywer seën vra ek nog ’n keer
Here, seën my op die pad
Na waar kronkeldraaie my vat
Oor die opdraende
Tussen berge met die weer
Oor grote vlaktes wyd
Met Suiderkruis ver suid
Beskerm my geliefdes tuis
My vriendekring ook inkluis
Al my kennis kom van U
Vra vir geduld op my knieg
Bid vir beskerming vir ieder elk
Kollegas besluit U is ons held
Saam as ’n familie groot
Vir ’n kers en ’n brood
Bewaar my met my trok
In my hart koester ekke nie ’n wrok
Amen ja Amen, O grote Heer
Onner sterre hemel my kop neer
Neem my swak hand, maak my sterk
Dankbaar vir krag om te werk
Met geduld en glimlag dankbaar
Vrinne en familie uitgespaar
Kollegas en kennisse is familiekring
Onder U bloed sal ons sing
Neem my vrag tot eindpunt
Daar waar ons ’n glimlag vind
Danke ons getroue Hemelheer
Amen ja Amen tot U eer. . .
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie