Briewe
Briewe

Toename in misdaad

Mandy Rittmann
PEET VENTER (SR.) SKRYF:

Inspekteur-generaal Joseph Shikongo vra die publiek se hulp teen die kommerwekkende toename in misdaad. Duisende polisiebeamptes kan glo nie alleen die golf van kriminaliteit keer nie. Hy verwys na Christene wat almal na vore moet tree met eie berouvolle ingesteldhede. Volgens statistiek word 80% van die bevolking as Christene geëtiketteer! Vanwaar dan die misdaad-duisternis oor ons land?

Op amptelike vlak speel die Christelike betiteling geen rol nie. In die August House is die konstitusie deur die August-lede op ’n sekulêre vlak gedebatteer en opgestel, sonder Christelike inmenging. Die regstelsel is uitstaande en jare en jare word aan hofsake gewy, om misdadigers hul regmatige “human rights” te laat seëvier. Dis nie net vir die inspekteur-generaal ’n kopseer nie, maar vir die hele land.

Laat ons volgende keer in opregte diepte die benaming Christen onder die loep neem. Joseph en ons almal het dit nodig.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer