No Image Caption

Swak dissipline

Mandy Rittmann
ROOI OLIFANT SKRYF:

Plaaslike nuus berig gereeld oor tragiese ontug en vergrype wat soms misdaad insluit, onder veiligheidsmagte soos die polisie- en weermag, maar hoe veilig is ons land en landsburgers met sulke ongedissiplineerde gedrag onder sy veiligheidsmagte?

In vorige skrywes in die pers is reeds tot vervelens gekla oor polisiegeweld wat soms koelbloedige moord ingesluit het. Genadiglik lyk dit voortaan asof gemeenskappe, gemeenskapsaktiviste, naasbestaandes en oorlewendes se pleidooie om genade en geregtelike optredes, nie op dowe ore val nie en polisiegeweld afneem.

Ons word darem nou nie meer soos ou bokse geskop, ons All Star-tekkies, oorbelle en klere in kamoeflering gekonfiskeer, ons Rasta-hare met geweld afgeknip, en op straat en in tronkselle deur staatsbarbare, soos die ses polisiemanne wat ’n onskuldige en weerlose man onlangs in die Karasburg-distrik aan ’n boom vasgemaak en liederlik aangerand het nie, glo omdat hy sou gesteel het, nie doodgemaak nie. Hopelik kom hierdie vergrype finaal tot ’n einde soos dit in ’n moderne en beskaafde demokratiese samelewing waar wet en orde gedy, hoort.

Tog bestaan daar steeds voorvalle van wangedrag, swak dissipline en ongerymdhede in hierdie magte en onder hul lede wat aan hul afwykings en losse sedes soos dié van ’n straatkat, gekenmerk word en dringend behoort aangespreek moet word:

Afwesigheid sonder verlof as gevolg van verveeldheid in weermagbasisse wat tot frustrasie en dronkenskap lei, soos onlangs in die pers berig is, is nie ál siekte onder veiligheidswerkers nie. Dronk polisielede aan diens en dronk rekrute op straat sommer in hul uniforms tydens afperiodes; gesuipery by NDF-basisse en – opleidingsvelde deur vernaam senior offisiere, volgens gerugte; dronk polisielede, soldate, verpleegsters en onderwysers wat by dobbelhuise, kuierplekke en leenhaaie boer; oorgewig polisielede wat van onaktiwiteit getuig; geraasbesoedeling met sirenes en toeters tydens optogte dat hoor en sien vergaan, om druk verkeer te ontduik, en wanneer lede vir diens aan huis opgetel word. Polisielede wat doodluiters voor polisiestasies in die winter in die son bak, raserige bacchusfeeste aan huis dat die biesies bewe en rietjies fluit, onverskillige bestuur en jaery met vangwaens al is daar nie dringende sake of noodgevalle nie, en lui en afwesige skoonmakers wat doodeenvoudig nie omgee hoe polisiestasies en weermagbasisse lyk nie en lyk asof daar geen toesig en beheer is nie, is nie ongewoon nie, wek kommer en vra vir dringende indringende ingryping. Onlangs kon selfs ’n konstabel met vuil uniform en drankasem agter die toonbank op Keetmanshoop gemerk word wat uiters onprofessioneel en skandelik is.

Dan is daar die woede-ontlokkende betrokkenheid van veiligheidslede by misdaad wat gemeenskappe lamlê, soos dwelmhandel onder polisielede, wildstropery deur NDF-soldate in die Mangetti Nasionale Park soos onlangs in die pers berig is, selftoeëiening van gekonfiskeerde en onwettige items en dié in vragmotorongelukke waarmee skuldige polisie mekaar in WhatsApp-groepe inlig en selfs sake doen, beweerde ongestoorde smokkelary met gesteelde voedsel en ander ware deur soldate; polisie en soldate wat onverklaarde besighede vir ekstra inkomste bestuur wat teen die finansiële intelligensiewet en ander tersaaklike regeringsbeleide indruis, en betrokkenheid by straatbendebedrywighede, omkopery en konkelry om spore uit te wis soos daar daagliks op radio-inbelprogramme en elders gekla word. Hierdie hartelose en onetiese gewoontemisdadigers mishandel en teister gewoonlik voorbeeldige manne en vroue in die mag. Ons weet van julle.

Onprofessionele en immorele werksetiket is nie net tot lede op voetsoolvlak beperk nie. Dit begin by topstrukture en besluitnemers: Die werwing en aanstellings in sleutelposte en van polisielede en soldate bevoordeel steeds hoofsaaklik Noordelinge asof daaragter ’n verskuilde agenda is. In gemeenskappe skep hierdie uitbuiting minagting vir die polisiediens en is ’n teelaarde vir kwade gevoelens. Daarby vind onreëlmatige en onregverdige bevordering in veiligheidsmagte wat op ras, voortrekkery en familiëriteit geskoei is plaas waardeur veiligheidslede wat jarelange waardevolle en ongeëwenaarde ervaring het, onderdruk word. Verbeel jou ’n situasie waarin ’n nuutbevorderde offisier op sy junior se kennis en ervaring steun, omdat hy self maar beskeie kennis en ervaring op sy gebied het. Dit gebeur. Dit verklaar hoekom polisielede nie met landswette wat hulle afdwing en toepas, vertroud is nie. ’n Grys kriminele saak sal die klaer dit gou laat agterkom – sake soos naamskending en crimen injuria word as gering geag en daarvolgens behandel en verwerp wat tot wantroue in die polisie en reg en geregtigheid lei. Gebrekkige, laat of geen terugvoer in sake wat aangemeld word, maak ook nie dinge vir klaers maklik nie. Dít en apatiese houdings soos gedurende die 2023 behuising- en bevolkingsensus toe polisiepatrollies afwesig was asook steeds krimpende polisieteenwoordigheid en –sigbaarheid, spreek boekdele en getuig van swak beplanning.

Om die kersie op die koek te plaas, buit regeringsamptenare staatsbehuising, -vervoer en –toelaes uit. Regeringslui wat vir jare erg goedkoop of gratis staatsbehuising geniet en soos nete daaraan klou, is ’n ope geheim. Polisielede, gesondheidswerkers en ander staatsamptenare plak as’t ware gemaklik in barrake, kwartiere en staathuise en –woonstelle en waak jaloers teen uitsetting, terwyl hulle soms reeds een of meer huise besit of bekom en kan bekostig, asook behuisingstoelaes ontvang. Netso kry polisielede gratis vervoer na en van hul werk en kry boonop vervoertoelaes na bewering. Dis nie anders in die gesondheidsektor waar sommige gesondheidwerkers op slinkse wyses betaling vir na-ure wat hulle nie werk nie, eis. Geen wonder dat daar ’n nypende tekort aan medisynes en polisievangwaens betaan nie!

Die bovermelde onreëlmatighede vra vir gereëlde inspeksies van polisie, soldate, staatbehuising en staatsboeke; vir leeglêersoldate om in gemeenskapsoperasies ingespan te word en om regeringseiendom as sekuriteitsbeamptes op te pas en instand te hou, wat broodnodige staatsgelde sal help bespaar, en die polisie sal help om strate teen booswigte soos die Hosh-bende en hul beskermhere op Keetmanshoop, te beveilig as tekorte aan mannekrag ter sprake is, vir sigbaarheid en etiese gedrag met die doel om veiligheid, wet, orde en beskerming van die publiek en gemeenskappe te versterk en verseker wat respek in gemeenskappe afdwing, vir fermer leiding, bestuur, toesig en kontrole wat dissipline en positiewe gesindhede versterk, vir opleiding van lede in die basiese aspekte van die reg en landswette met betrekking tot wetstoepassing. Die Legal Assistance Centre kan help vir dranksugtige lede om vir gedwonge rehabilitasie en berading te gaan en om ultimatums – kom reg of kom weg! – te stel vir ’n sielkundige of welsynwerker by elke stasie beskikbaar te stel, en vir werkwinkels en slypskole in finansiële bestuur, woedebeheer, selfbestuur en kliëntesorg vir polisiemanne en soldate gehou word. Hulle het dit dringend nodig vir die behoud van nasionale veiligheid, orde in gemeenskappe, stabiliteit in die breë publiek en vrede in die samelewing, ons volk, en wet, orde en landsekuriteit wat vorentoe samesyn, voorspoed en geluk vir almal sal verseker.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%