Struikelblokke in die klaskamer
PEET VENTER (SR.) SKRYF:
Reeds sover terug as 1961 het ek as jong onderwyser praktyke in die skool waargeneem wat glad nie met professionele onderrig strook nie. Ongelukkig het sekere gebruike toe reeds wortel geskiet en is maar net as vanselfsprekend aanvaar. Een euwel is die skoolhoof se onbeplande aankondigings op die interkom! Die vakonderwyser is besig om 'n moeilike stukkie teorie aan sy klas te verduidelik. Hulle konsentreer en hang aan sy lippe. Uit die bloute bliep die interkom en meneer die skoolhoof onderbreek ongevraagd die les. Kinders en onderwyser word inherent geskei. Geen, maar geen aankondiging is belangriker as die konsentrasievlak wat afgesny word nie. Die onderwyser moet noodgedwonge swyg en die leerders ontspan onmiddellik met onderlinge fluistergesprekkies. Dit duur meestal lank voor die skoolhoof of sportorganiseerder se gebabbel tot 'n einde kom! Hervatting van die les is reeds ingekort en die leerders se konsentrasie is nou verdeel tussen tjol en vakinhoud. En daar lui die klok!
'n Soortgelyke leskaping is wanneer notas deur ongedissiplineerde leerkragte van klas tot klas gestuur word. Klop aan die deur – onderwyser word onderbreek en ander juffrou/meneer lees hul noodsaaklike berig voor. Beide bogenoemde gevalle is klein vossies, wat die onderrig wingerd verniel – tot in 2025. Hierdie is maar twee gevalle van onderwyskankers wat suksesvolle onderrig in die wiele ry. Daar is nog!
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie