No Image Caption

Straatbendes

Sanet Pearson
ROOI OLIFANT SKRYF:

Soos in die tagtiger- en neëntigerjare toe die Rooi-oogbende ’n grootse skrikbewind in hoofsaaklik Katutura en soms in Khomasdal gevoer het, het ook drie minder bekende, maar uiters gewelddadige straatbendes in onderskeidelik Khomasdal en Keetmanshoop in onlangse tye opgang begin maak en geweldige konsternasie in plaaslike gemeenskappe teweeg gebring.

Vanaf 2017 het die Hard Living Boys, beter bekend as die HL’s (in Engels) onder leiding van ’n jong Namibiese Kapenaar in Khomasdal se Funky Town- en Von Francois Town-woonbuurt, voetgangers op verskeie wyses toenemend te nagekom.

Hul aanvalle het gewissel van aanrandings tot rooftogte op straat en gedwonge tatoeëring van hul kenteken HL op swakkelinge, en die besetting van Dawid Bezuidenhout Hoërskool se vorige opsigter se woonstel op die skoolgronde as hul hoofkwartier waar daaglikse geheime vergaderings gehou en aanvalsplanne gesmee is en hy gedwing was om vir ’n kort tydperk ’n gedeelte van sy maandelikse salaris vir dié bende se bedrywighede moes afstaan of anders was dit klaarpraat met hom en sy gesin.

Alhoewel die HL’s, glo ’n tak van die Hard Livings in die Wes-Kaap in Suid-Afrika, aanvanklik taamlik gesukkel het om groei te toon en lede se lojaliteit te verseker, het dit stelselmatig en gaandeweg aansienlik, maar onsigbaar, in ledetalle gegroei, meestal bestaande uit hawelose lewensontgogelde en -teleurgestelde kwajongens wat vernaam snags hul planne met die samewerking van die leier se ma sou deurvoer.

Dié bende word gekenmerk deur middelemisbruik waarby talle onskuldige jeugdiges konsekwent betrek en meisies in seksuele verhoudings met die leier gedwing word. Pleidooie vir polisie-ingryping vanuit verskillende oorde in Khomasdal het tot op hede op dowe ore geval.

Intussen het nog twee ander bykomende, maar afsonderlike faksies tot die skrikbewind toegetree, een vanuit Funky Town onder leiding van ’n aggressiewe jong wat in die omgewing van die Magdalena Stoffelsbrug mense snags onverwags aanval en beroof, en die ander vanuit die geledere van die haweloses wat by die Khomasdal Sportstadion gehuisves word, met die uitsondering dat die laasgenoemde eerder in kleiner individuele groepies hul aanvalle op enkellopendes wat selfs verkragtings insluit, loods.

Op Keetmanshoop is die prentjie aansienlik ernstiger met wrede aanslae wat daar deur die 26’s, ofte wel Sesse en Hoshe, vanaf laat 2022 daar geloods word. Hierdie geweldenaars, meestal bestaande uit tieners met pangas, byle en messe, opereer veral snags onder leiding van ’n man in die vroeë stadium van die volwasse ouderdomsgroep wat blykbaar onlangs tot vyf jaar vir poging tot moord gestraf is en op nog vyf ander sake verhoorafwagtend is, volgens gerugte. Die vrese bestaan dat hy sy werksaamhede in en vanuit die tronk op die trant van die Suid-Afrikaanse nommerbendes kan voortsit wat ’n hewige impak op die samelewing hierbuite tot gevolg kan hê.

Bewerings doen die rondte dat selfs lede se ma’s agter hul bedrywighede sit en hul seuns uitstuur om te sorg vir iets op die tafel.

Die Sesse gaan ’n stappie verder deur om ook vrouelede wat soms meer gewelddadiger as hul manlike medelede is, te werf. Hul aanvalle sluit padversperrings, intimidasie, huisinbrake, rooftogte, bloedige aanrandings en verkragtings in, volgens gerugte. Blykbaar beweeg hulle in twee groot groepe rond, een snags en die ander bedags. Plaaslike inwoners kla dat die polisie blykbaar niks doen nie, bang is, sake smoor, en selfs belange in die bedrywighede van dié straatbende het. Daar word beweer dat ’n polisievrou ’n verhouding met een van die lede het en hom leidrade gee as die polisie hom sou soek. Inwoners kla dat aangekeerdes sonder ondersoeke vrygelaat word, dat dwelmsmouse betrokke is, en dat dié jeugdiges se ma’s hulle óf versteek óf verdedig as die polisie sou opdaag aangesien hulle voordeel uit hul seuns se sinnelose geweldadige misdade trek selfs al weet hulle daarvan.

’n Kleiner en minder bekende bende met die naam Wit Floppies is ook vanaf die begin van vanjaar stadig besig om opgang in Keetmanshoop te maak. Alhoewel hulle na bewering minder gewelddadig is en op die trant van die destydse Flenter-panties van Rehoboth en Escamel Boys asook die minderdreigende Banana Splits, Die Boys, die Katte en Garage Boys van Keetmanshoop van destyds te werk gaan, begin hulle ook druk op die plaaslike gemeenskap uitoefen. Niemand voel of is meer veilig nie.

Behalwe dat werkloosheid, armoede, hopeloosheid, onsekerheid oor die toekoms en dwelms die vernaamste dryfvere van die totstandkoming van die straatbendes is, is daar vrese dat nuwe en opponerende territoriale bendes en faksies gestalte kan verkry soos in die geval van die Wit Floppies en seuns in die Oudelein-woonbuurt van Krönlein te Keetmanshoop wat nou saamstaan om die Sesse se bedreiging af te weer. As die plaaslike polisie nie nou wakker skrik en dringend optree nie, sal en kan die Suide nie meer vrede maak nie.

As die polisie dit kon regkry om veel groter, wreder en gevaarliker bendes soos die Rooi-oog, Flenter-panties en Escamel Boys met wortel en tak uit te kon roei, wat weerhou hulle om ook so met die Sesse, Wit Floppies, HL’s en andere te doen? Maar nie net polisie-ingryping sal die ding kan doen nie – omvattende maatskaplike ingryping vanuit die goewerneurskantore en kantore van streekskomissarisse, en munisipale intervensies vanuit die kantore van burgemeesters sal ook nodig wees om dié problem die hoof te bied. Die bendes moet in hul spore gestuit word. . . – Brief verkort

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%