Straatbedelaars in Swakopmund
FANIE KRUGER SKRYF:
Straatbedelaars te Fruit en Veg, asook voor ander inkoopsentrums in Swakopmund.
Graag wil ek die stadsvaders vra, wat gaan hulle doen om die probleem van “straatbedelaars” op te los, veral voor Fruit en Veg? Dis ’n geval van kinders wat die bedelwerk moet doen, terwyl die ouers nie ver daarvandaan sit en die kinders dophou nie. Die kinders hardloop heen en weer oor die pad en loop ’n groot gevaar om raakgery te word nie.
Die kinders word net een rympie geleer en solank hy langs jou loop, sing hy “please Pappa/Mamma, I hunger, please money”, dieselfde oor en oor, ongeag wat jy antwoord, dit bly dieselfde sinnetjie wat herhaal word. Dit kan nogal irriterend raak. Moet iemand doodgery of beseer word voor iets daaromtrent gedoen word? Dis duidelik kinders wat uit die skool gehou word en gebruik word om vir die ouers te bedel.
Hierdie is nie net ’n pyn vir besoekers aan Fruit en Veg of omliggende besighede nie, maar ook ’n seeroog vir besoekers en toeriste aan ons dorp. Kameras is by kruisings opgerig, vir wat? Is dit nie om probleme op te spoor nie, of is dit net ’n geval van “gogga maak vir baba bang”?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie