Spel stel horlosie vir almal
Ek sê maar net 30 jaar gelede
Daai “fat cats” wat aan die stadshorlosies se wysers kom hang het sodat hulle so ’n bietjie later kan slaap en sawends vroeër kan gaan inkruip, weet nog nie wat met tyd gedoen kan word nie. Louis is die eintlike man wat tyd kan skommel.
Die afgelope stuk of tien dae word wêreldwyd volgens Louis se tyd gewerk. Daar word maklik dwarsdeur die etensuur gesweet om dan skuins ná die gebruiklike eetbreek weg te glip. Die invaltye ná so ’n “break” kom nie naastenby naby op die uur nie. Of soos die manne sê: “Ons sal tienvoor terug wees.”
Hulle sê egter nie tienvoor wanneer nie. Hul “lunch” is ook lankal nie meer op die uur nie. Dit rek maklik met so ’n halfuur. Vra jy hulle daarna, kom hulle met ’n ingewikkelde som waarin hulle dit in helftes plus beseringstyd, bakleityd, rustyd en rytyd (en drinktyd?) indeel.
“Is daar probleme?” sê-vra hulle. “Ons sal inwerk – sommer dubbeld inwerk.”
En met die Louis-tyd het gewoonte ook verander. Dis sommer niks vir ’n vleisbraaivuur om laataand vlam te vat met ’n daaropvolgende gekuier tot die oggendure nie. Louis laat TV-skerms op openbare plekke opgaan, plaas die videowinkels met hul hedendaagse suit-draende cowboys uit besigheid en laat die kantieneienaars hul skatte tel ná goeie bierverkope.
Hierdie Louis is ’n bielie van ’n breker. Nou nie sedert die jare dat hy op agsteman agter die boude van die ou grotes gesak het nie. Dis nou sedert hy rugbybaas van Suid-Afrika en gevolglik die meester agter die huidige Wêreldbekerreeks geword het.
En hy het die hele land agter hom. Oorkant die Gariep span dit ’n brug oor politieke grense so wyd as die eindpunte van die PAC en die AWB en dans die Zoeloes, die Swazi’s, die Xhosas en die boere. Sommer almal.
Hier te lande gaan dit nie veel beter nie. ’n Saamtrekpunt van Namibië se etniese groepe was ’n klein TV-tjie op ’n openbare vakansiedag waarop gewerk moes word.
Wie gaan nou ooit werk as al Namibië se Maart-tot Mei-vakansiedae vir leeglê gebruik gaan word?
Om daai skermpie het hulle saamgedrom terwyl Suid-Afrika en Australië op Nuweland uitgedraf het – Wambo’s, Damaras, Namas, Portugese, Herero’s, Zimbabwiërs, boere, comrades en colonials. Sommer die hele ou spul. En skop daai “pale face” van oorkant die waters die eerste strafdoel oor, tel die Herero kliphard: “Een nul!”
Miskien nog so ’n entjie terug in die geskiedenis tot voordat die ou die sokkerbal in sy hande gegryp en die loop geneem het op ’n plekkie met die naam Rugby, maar darem.
En dan is daar die storie van die ou boer wat dorp toe gekom het vir die Saterdagmiddag se rugby op TV.
“Toe bly ons maar oor vir Nagmaal,” erken hy.
Dit gaan nog tot 24 Junie duur voordat normalisering op die gebied van kom- en gaantye gaan intree. Tot dan gaan ’n klompie vaak ouens op kantoor uitslaan.
Maar as dit dan moet. . .– 2 Junie 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie