Soldate wat nie vir Geingob stem, het hom glo ontstel

Afgesonder van troepe
Wyle president Hage Geingob het glo gevrees vir sy lewe omdat lede van die weermag nie vir hom gestem het nie.
Mathias Haufiku
Wyle president dr. Hage Geingob het glo ongemaklik gevoel gedurende sy laaste termyn as president weens die 2019- spesiale stemme waar ’n groot aantal militêre personeel gekies het om nie vir hul hoofbevelvoerder te stem in die presidensiële ver-kiesings nie. In daardie stadium het sy gewildheid onder kiesers skerp afgeneem - van 87% in die presidensiële verkiesing in 2014 na 56% in 2019. Vogens een van Geingob se raadgewers in daardie stadium, het hy glo gevrees vir sy lewe en het afgesonder van die troepe gevoel.

Die minister van verdediging en veterane sake Frans Kapofi het in ’n onderhoud duidelikheid gegee oor sy ministerie se besluit om die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) te belet om stemlokale by weermagbasisse te hê.

‘MOEILIKE SITUASIE’

Toe die voorlopige uitslae van die 2019-spesiale stemme in die presidensiële verkiesings openbaar gemaak is, het baie in die militêre range gekies om vir Geingob se naaste mededinger, dr. Panduleni Itula, te stem wat in daardie stadium as ’n onafhanklike kandidaat gestaan het.

“In 2019, toe ’n groot aantal soldate nie vir die president gestem het nie, was hy besorg oor sy veiligheid,” het Kapofi gesê wat destyds die minister van binnelandse sake was.

Volgens Kapofi het Geingob glo gesê “ek het soldate wat nie vir my gestem het nie. Hoe spreek ek hulle aan? Hierdie is moeilike omstandighede”.

Kapofi het hierop gesê “ons kon hom oortuig dat daar niks was om voor bang te wees nie”.

“Ons moet sy punt insien, want hy is steeds mens en dit word in die algemeen verwag dat die weermag se lojaliteit by hul bevelvoerder sal wees,” het Kapofi gesê. Hy sê die feit dat die weermag voor enigiemand anders stem “stel hulle bloot”.

“Die ECN is gesê om nie op weermagpersele te werk nie, maar hulle het ’n stemlokaal slegs ’n paar meter van Osona opgestel, terwyl ons almal weet daar is nie burgerlikes in daardie omgewing nie. Dit is hoekom soldate toegelaat is om in dorpe te stem sodat hulle nie uitgesonder kan word nie,” het hy gesê.

“Ek weet nie wat hulle [die ECN] se probleem is nie. Ons het geldige redes vir hoekom ons nie wou gehad het soldate moet op militêre persele stem nie. Ons wou nie ’n herhaling van 2019 gehad het nie, aangesien dit ’n wig dryf tussen die president en die soldate aan wie hy bevele moet gee,” het Kapofi verduidelik.

“Soldate moet beskerm word en hulle stemme moet anoniem wees soos enigiemand anders s’n,” het hy gesê.

In reaksie op Kapofi se uitlatings het die ECN se voorsitter dr. Elsie Nghikembua gesê dat al hul planne vooraf met die ministerie van verdediging kommunikeer is.

“Indien daar enige redes vir kommer was, sou hulle [die ministerie] dit uitgewys het,” het Nghikembua verlede week in ’n perskonferensie gesê. Kapofi het ook gesê die ministerie het ’n tendens agtergekom waar poltieke rolspelers die weermag met politieke veldtogte teiken.

“Ons het gesien dat mense veldtogte doen deur die weermag te teiken en aan hulle bevorderings te belowe. Dit is krimineel en dit is gevaarlik vir die nasie. Wat as jy beloftes maak en nie die verkiesing wen nie? Jy hits basies die soldate aan,” het hy gesê.

Hy het gewaarsku “soldate moet in elk geval alleen gelaat en nooit verpolitiseer word nie. Diegene wat soldate met hul politieke veldtogte teiken, moet stop.”

[email protected] #NamibiaDecides2024

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!