SMS
SMS

SMS’e vir 8 Mei 2024

Mandy Rittmann
Nee, dit is nie te veel onderwysers, te min werk nie, maar eerder te min poste geskep vir noodsaaklike onderwysers, te veel werk vir die onvoldoende personeel wat wel in diens is. Ja, soos in enige beroep is daar seker ʼn paar onderbenutte onderwysers hier en daar, maar die meerderheid is beslis hardwerkend, pligsgetrou en oorlaai met voorbereiding, nasien, administratiewe take, buitemuurse aktiwiteite ensovoorts. Klasse is oorvol, fasiliteite is onvoldoende, maar nogtans probeer die onderwysers hul bes vir hul leerlinge doen, onder moeilike omstandighede. – P.B. Pieterse

Oor die vraag of daar nie ʼn wet is rakende vee in padreserwes nie: daar is genoeg wetgewing wat dit reël en verbied. Permitte is inderdaad nodig. Daar is net nie die nodige wil by die verskillende owerhede om op te tree nie, want dis hulle familie en vriende se vee. Wetstoepassing in Namibië is baie selektief.

Aan die leser wat vra hoekom stop die verkeerspolisie elke toeris buite Tsumeb, maar nie taxi’s nie: die toeriste is seker nie bereid om omkoopgeld te betaal nie?

Wat is aan die gang hier in die Bethanie-omgewing en plase. Ons het nog Desember en Januarie laas droogtehulp kos gekry. Is vervoer steeds die probleem of korrupsie?

Het die mal weeklikse prysverhogings van die winkel in die vallei dalk iets te make met die bestuur se soeke na ʼn stewige jaareind-bonus? Sies, jy behoort jou te skaam!

Ek verstaan hierdie bohaai oor waterbesparing glad nie. City of Windhoek sê dan in Aloe Februarie Issue 1, ons het water tot Mei 2025 en ʼn nuwe boorgat by Groot Aub water 450qm water gee! Hoekom moet ek dan water spaar?

Jou paspoortboekie word net vol geskryf van die dokters by Katutura- en Sentrale Hospitaal. Verstaan nie wat hulle bedoel, kry net pille, word nie gesond. Wat gaan daar aan, sommige nog onbeskof indien jy iets vra.

Windhoek-munisipaliteit is baie besorg oor die stand van watervlakke van Windhoek, totdat daar ʼn waterlekkasie aan hulle gerapporteer word. Dan skielik is daar geen dringendheid nie. Water loop vir dae die strate vol sonder enige reaksie van hulle kant af, asof ons ʼn eindelose bron van water het.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer