SMS’e vir 26 September 2022
Ons mense kla gedurig en alles is kolonialisme se fout. Onthou nou, dis die kapteine en hoofmanne wat alles uitverkoop het aan kolonialiste. Ons regering vandag is niks beter nie. Sien olie in die noorde, uraan in die suide. Nou is glad die makriel broei-area in gedrang.
Ek wil weet of daar niks is wat ons as inwoners in Olympia en Suiderhof se bokkiesdorparea kan doen oor die geraas op die stadion elke naweek. Die musiek is hopeloos te hard en pla geweldig. Ons sit in die sitkamer en die vensters bewe. Ek glo daar is ander wat dieselfde voel? Kom ons staan saam en sit dit stop asseblief.
Gewis waarheidstoekenning vir mnr. Clemens vs gewraakte ydelheidstoekenning! - Afrikaanse Ouma
Ek wil net vir Nicoleen van Wyk, Warehouse Supervisor van Hardap Fright, Windhoek sê baie, baie dankie vir jou vriendelike behulpsame diens wat jy aan ons gelewer het. Genade, ek hoop al die supervisors kan soos jy wees. Van Magda Grobler, Gibeon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie