No Image Caption

SMS’e vir 25 November 2022

Mandy Rittmann
Hulle kon net vir Hendrik Witbooi langs Curt opgesit het, dit sou ’n tipe van versoening daar gestel het en ons land se geskiedenis mooi uitgebeeld het.

Om Oom Curt se standbeeld te verwyder, gaan nie die geskiedenis verander nie. Ja nê, en daar cancel hulle Oom Curt. Die woke mense wil nou wraak neem op ’n standbeeld!

When my grandkids ask me where all the evidence for apartheid and colonialism is, what evidence? The only evidence is 32 years on how not to run a country with plenty of evidence.

Jan Jonker en sy mense was in 1850 hier. Wys my wat hulle gebou het? Om net te bestaan is nie goed genoeg nie. Jy moet iets beteken vir die rondom jou.

Ek weet nie wie se idee was dit om oom Curt se standbeeld weg te vat nie. Ek aanvaar hulle gaan darem seker nou weer die ruiterstandbeeld in Curt se plek sit, of dalk ’n standbeeld van ’n afgeleefde Owahimba-vrou in haar natuurlike drag, wat ’n wawielbeweging uitvoer.

Die ex-burgemeester kan net as domastrant beskryf word. Lees kan hy seker ook nie, want dan sou hy die geskiedenis van hierdie land geken het.

Wonder wie gee die paar raadslede van CoW die reg om te besluit om ’n standbeeld te verwyder? Wie word nou daarop gemonteer? Seker ’n Fishrot-held!

Wat ’n skande van CoW om ’n volkstandbeeld te verwyder na ’n besluit van ’n paar raadslede wat geen waarde ken nie? Hoekom nie ’n openbare mening gevra nie? Wie is hulle om so ’n besluit te neem? En CoW roei ons uit op alle moontlike maniere om hulself te verryk? Sies man!

Waar Curt von Francois gebou en ontwikkel het, breek Swapo en sy gevolg net af. Dit is al waartoe hulle instaat is. – Charl Michiel Opperman

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2022-12-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer