No Image Caption

SMS’e vir 24 November 2022

Mandy Rittmann
En sien wie die ou is wat uit ’n skoon, ryk stad binne die bestek van 10 jaar ’n vuil stukkende en bankrot stad gemaak het.

Dit lyk my ons het ’n klomp blinde traffics. Ek sien daagliks talle motoriste met selfone wat text en/of praat. Sal graag wil weet hoeveel kaartjies daagliks daarvoor geskryf word. Statisties is selfone tans blykbaar verantwoordelik vir die meeste ongelukke, baie meer as dronk en roekelose bestuur. Miskien moet die koerant dit ondersoek.

Kan julle dit glo. Hoachanas-inwoners sukkel vir maande met water wat hul betaal. Jy sit met ’n spoellatrine, maar te bang om te gebruik as die noot kom. Inwoners het donasiesaad gekry vir plant, alles is vrek en geen verduideliking van die Village Council.

Vraestelle is slordig en so dof. Mense regtig? Daar is ook geen eksamen atmosfeer nie. Leerlinge floreer op die idee van hul word getransfer, hul hoef nie te leer nie.

Ek as D Ortman, vra asseblief vir ministry of works se hoofde in Windhoek, om met die dame wat met my file werk, my LBS5-vorm met die bewys van die verlofuitbetaling van 2019 te stuur na ministry of finance by Keetmanshoop. My belastinguitbetaling van dit, kan nie gedoen word nie, baie male is sy gevra, maar doen dit nie. Dit het ’n impak op my belastinguitbetaling, maar die verlofuitbetalingsbewys soek ministry of finance by. Ek sal dit hoog op prys stel, ministry of works.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer