SMS’e vir 20 September 2022
Dis nou mooi! Dis nou baie mooi! GRN druk sy neus in alles in en koffie dit op. Pleks van kry hul huis en sake in orde e.g. skole, hospitale etc.,Monopole word uitgedeel vir hoender, meel en nou groente. Vir weke kry ons net nog aartappels wat blus. Wie wil elke dag mash eet? Nasionale monopoolis gaaf, maar sorg dat ons kwaliteit en keuses kry waaraan ons gewoond is!
Sien mos noudiedag ’n ding op ’n quizshow. Antwoord was 35 jaar lank is daaraan gewerk om uie te teel wat jou nie laat tjank nie. Is waar, dink ek het lanklaas trane in die oë gehad van uie! En so wragtig, die volgende ui wat ek skil laat huil my dat dit goed gaan! 35 jaar se werk in sy peetjie!
Net ’n vraag aan ons regering. Julle skerm mos vir al wat ’n proudly Namibian is. Wat loop skeef? Hoekom kry julle nie die honderde lorries (wat die paaie belemmer en padgebruikers se lewe onnodig in gevaar bring op pad kus toe) se vragte op ons eie, eie TransNamib? Die infrastruktuur vir al daai lorries is net nie daar nie!
My belastinggeld is mos nou goed gemors op die kuspad agter die duine! Klomp lorries ry nog steeds die seepad en hulle kry nie wind van voor nie! Dat hulle lisensiegeld betaal en paaie kan gebruik soos wat hulle wil, werk nie vir baie Swakopmunders nie. Gee terug ons belastinggeld asseblief.
Nog ’n skewe verkeerslig in die middestad, met die verloorder alreeds deur ’n immer gewillige insleepdiens by ’n paneelklopper afgelewer. Wonder net of alle lisensiehouers nie getoets moet word vir ’n selektiewe geheueverliessindroom wat sulke ongelukke tot gevolg het nie. Die munisipaliteit moet ook aanvaar dat die pandemie hulle onmiddellike aandag verg, veral na ure.
Waar is Swakop se traffics middae naby skole? ’n Gemors van skole op pad huis toe. Soos bok en skaap en jaywalking sover as wat jy kyk. Gister drie knape gekry wat ’n rylaan as sypaadjie gebruik reg voor die polisiekantoor in die middestad. Ongelooflik die vuil kyk wat ek kry toe ek die vermetelheid het om vir hulle te toeter.
Gaob /Gaseb, what happened at Witboois Traditional Authority office yesterday (16 Sept 2022) was unfortunate and uncalled for. Senior Councillor assaulted by Captain Witbooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie