No Image Caption

SMS’e vir 20 Oktober 2022

Mandy Rittmann
Namibië se deelname aan die T20 Krieket Wêreldbeker verwys: Weet ons regering of die sportowerhede darem dat Namibië daar deelneem? En het die span darem enige ondersteuning van hulle gekry?

Ruach Elohim so ook die Wet wat voorsiening maak om babas te dump, sonder vervolging is ’n euwel en moet die Wet van Menslike Konynteel genoem word! – SAP&H

Die berig oor die skoonmaakaksie in Grootfontein verwys: Solank as wat elke inwoner van Namibië nie die basiese beginsels van ordentlikheid het om dit wat my eie is, skoon te hou nie, sal mense aanhou om ander mense se gemors agter hulle op te tel, en dit doen ek nie. Okahandja se hoofstraat lyk ook elke oggend soos ’n varkhok. – Peet Harmse

Retirement Fund Solutions for Local Authorities in Namibia we retired members from our Namibian municipalities this time around, dont give us 2% pension increment as in the past years. We need at least some living upliftment to face this insecure hard times facing us. – E.T. Keetmans

Sien onse mayor Travino wil op elke foto en video wees, met swaar ketting. Wil iemand hom nie agterop ’n bakkie laai en deur die dorp ry, sodat hy die toestand van die strate kan sien. Op dié manier sal baie mense hom sien. Daar is geld vir parties en elke soort funksie, maar sy dorp lyk soos ’n krot woonbuurt.

Weggooibabas: Die meeste polisiebeamptes in hierdie land is ongelooflik ongeskik. Hulle is ook ongelooflik arrogant, lui, verslons en swak opgelei. Wonder waar lê die fout?

Hoor hulle praat van armoede uitwis, maar wat van ons arme pensoenarisse wat nou al vir jare met so min geld moet uitkom! Dis vreeslik! Pryse styg maar die geld bly net so! Vir jare geen verhoging daar! Dis rêrig ’n skande! Hoe dan nou?

Hier is baie maatskappye wat geen wittes wil aanstel nie. Banke en maatskappye in Namibië doen dit al vir jare.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer