SMS’e vir 20 Februarie 2023
Ek moet sê, ek was einde verlede jaar by Bank Windhoek, Maerua se tak en vandag vir die eerste keer by hulle splinternuwe moderne tak, wat ’n verrassing. Baie doeltreffend, modern en dan het ek ook baie welkom gevoel. Hou so aan.
Okahandja kan nie diens lewer nie. Ons het net twee kort grondpaaie in die dorp. Die een kan jy net in die middel ry, want alkant is slote en klippe gespoel. Hulle sal nie met hul duur karre daar langs ry nie. In Okahandja, as jy draai ry weet jy daardie ou is nugter, want jy probeer gate vermy, wat nie altyd moontlik is nie. Ek kan nie dink dat daar ’n swakker munisipaliteit is nie, dan praat hulle om dit weer ’n tuindorp te maak. Nie in my leeftyd nie.
Tsumeb, baie geluk! Ons dorpie vat nou eerste prys met die swakste paaie, die diepste en wydste slaggate. Hierdie was in ’n stadium die mooiste dorp in Namibië, nou is dit iets om voor skaam te wees. Danksy die diens wat ons owerhede aan ons lewer. Wat ’n skande! En o ja, slaggate word nie met sand reggemaak nie. Probeer bietjie iets wat langer hou asseblief, die belastingbetalers verdien beter.
My magtig, wat nou! Van my note in my beursie het onverklaarbaar net begin wegraak, vandat ek die N$30-noot in my beursie begin plaas het. Na ek onmiddellik van dié noot by ontvangs ingeruil of vir aankope aangewend het, het dinge na normaal teruggekeer. Verdomp.
Satan vandag kanselleer ek jou oorloggees en jou droom. Ja, ek stop jou deur die openbaring van die Heilige gees deur my professionele apostelkode deur die gees tot in ewigheid. Sielsaligheid, vergifnis, genade en liefde. (Bely almal in Afrikaans). In die naam van God die vader, God die Seun en God die Heilige gees. Amen. Daar sal geen Derde Wêreldoorlog wees nie. – Sedney J Ockhuizen
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie