SMS’e vir 2 Maart 2023
Stem saam oor Otjiwarongo se potholes. Dis verskriklik hoe Otjiwarongo agteruitgaan. Teerstrate raak weer stofstrate en geen instandhouding in sig! Wat raak van ons rates en taxes geld? Die begraafplaas is net so verwaarloos, ’n skande om die minste te sê. Bekommerde en bedonderde inwoner.
Ek het vandag iets op my hart uit Hentiesbaai. Ons het net een staatskliniek hier, en na hoeveel jare kom hier ’n permanente dokter. Laasweek was die dokter siek. Kan Swakop dan nie vir haar ’n iemand gestuur het, om in haar plek te kom help nie. Hoekom word Hentiesbaai se mense soos honde behandel?
Sterkte aan Daniel met sy worsbroodjie-verkope. . . Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.
Ek het nou gelag oor Yolanda se SMN. . . Ja, die aanlyn dating scene is leeuwêreld. . . Niks is soos dit voorkom nie. Maar gelukkig is daar nog goeie mans en vroue daar buite.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie