SMS’e vir 17 Maart 2023
Ons sal maar wag en sien wat lewer die spyskaart vir Onafhanklikheidsdag op, ná die kamma besluit laat vaar is om meer en beter kos aan BBP’s te bedien.
Republikein van 14 Maart. Bravo Bethanie en Lüderitzbucht. Kom, koop wyn en melk verniet. As ek te veel klere nou het, moet dit eers wag tot ek dood is? Keetmans ja moeilik? Karasburg ja, Warmbad ja, Ariamsvlei ja. Hulle het nie daarvoor gewerk nie. Die kinders is daar. God het hulle gemaak. Dalk kon een ’n onderwyser geword het. In Bloemfontein is daar verhitte vloere en banke met sagte stoele. By die Boesmans sit hulle op afgesaagde stompe en luister na die Woord. Ag ek wonder maar net?
Ek en my wederhelfte het vandag 08:00 by binnelandse sake ingestap om ons paspoorte te hernu. Vriendelike personeel het ons gehelp en was 08:25 klaar en weer op pad. Baie dankie en hou so aan.
Word die local town idiots gebruik om te besluit waar om spoedbeheerborde aan te bring? Orals op hoofpaaie staan 60 km-borde, waar dit glad nie nodig is nie. Is dit net ’n verskoning om makliker oortreders te skep? Sien die VIP’s nie hierdie goed as hulle reis nie? Hulle self gehoorsaam natuurlik nie hierdie beperkings nie, daarom dat hulle nie omgee oor die idiotisme daarvan nie.
’n Sekere bank behandel jou goed as jy besigheidslenings aangaan, maar ná Covid (wat niemand voorspel het nie) word jy soos vullis behandel en hulle het geen genade as jy nie meer kan betaal nie. Alles word afgevat, dan gee hulle nie om of jy op straat beland nie. Is dit menslikheid of eensydigheid?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie