No Image Caption

SMS’e vir 15 Junie 2023

Mandy Rittmann
Ek wil tog net hoor of Mariental se veeartskantoor nie Maandag werk nie. Ek probeer al van tweeuur af bel, die telefoon lui net, geen antwoord. Dit is swak diens, rêrig!

Wil net weet, staatskole sluit alweer ’n week vroeër. Wie kry al die koshuiskos van die week. Onderwysers ’n week langer betaalde verlof, en kinders trek die kortste end. Hoe kan hulle goeie punte behaal?

Hoekom kan die president en sy motorkade nooit betyds wees nie? Hoekom moet ons altyd vir hom wag in Windhoek? Pateties!

Onse minerale en vis word net deur ’n sekere groep en Chinese geniet, en die 10% wat ons van die olie af kry, sal ook net deur ’n sekere groep geniet word. Green Hydrogen selfde storie. Armes bly maar arm en rykes word net ryker in hierdie land. God sal onse gebede antwoord.

Dis spitstyd, vyfuur op Dinsdagmiddag 13 Junie. Die verkeer in Windhoek beweeg nie, hoekom nie? Omdat sogenaamde VIP’s se beplanning soos ek weet nie wat gedoen is nie. Wie dink hulle is hulle om die spitsverkeer so te stop, mense. Hulle kan so iets nie eens beplan nie, hoe wil hulle die land regeer.

Dis die regering met sy ministeries en Swapo-trawante wat NamPower miljoene of selfs miljarde skuld, geen wonder hulle forseer NamPower om nie die krag af te skakel nie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer