SMS’e vir 15 Augustus 2023
Namibië is darem snaaks. As een persoon iets doen vir besigheid, spring almal op die band wagon en na-aap hom. Kyk nou maar die oorbelle. Ewe skielik maak almal oorbelle. Kan julle niks anders doen as mens na-aap nie. Geen initiatief van julle eie nie.
Die Genesis van alles. Die naam Swapo het ontstaan, omdat die naam OPO blykbaar nie alle rasse verteenwoordig het nie. Wel gedaan, maar die OPO saad was klaar geplant en hullle het nagelaat om dit heeltemal te vernietig. Dit het stilletjies soos onkruid gegroei. Dit kan jy nou sien aan die operasies.
Ek wou net uitvind, hoekom Usakos-polisiekantoor se speurders en die staatsaanklaer saamwerk en ons se mense lank hou sonder borg. Manne wat net gesteel het en op diefstal- en aanrandingsake is, hulle moet mos daardie mense wat mense vermoor, verkrag, roof of huisbraak kan hulle mos lank hou, sonder borg. En as die manne daar binne siek raak, word hulle ook nie kliniek of hospitaal toe gevat nie. Plus daar is nie kos wat die mense moet eet nie, net pap. En die manne lê met kroniese siektes. Byvoorbeeld soos Max Dixon, Jason Swartbooi, Clerence Eichab, Brazil Hermann – hulle lê nou maklik vir vyf jaar. Asseblief, laat die staat eers daarna kyk. Die manne se oumas en kinders kry swaar buite, net soos ons. Asseblief, as hulle nie die manne kan voer nie, moes hulle hulle borg laat gee? That is my consend (sic). – Fredrick Hansen
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie