No Image Caption

SMS’e vir 14 April 2022

Minister Calle Sclettwein. Ek het gaan kyk na ’n plaas, Gurus, wat nou adverteer was vir resettlement. Die plaas lê al vir 7 jaar in die besit van ons regering. Die strukture op die plaas is besig om te verval, wild word uitgeroei, goed word gesteel van die plaas, terwyl daar mense is wat die plek oppas. Dit wil sê, die mense wat daar oppas is die sondebokke. Hoekom moet die plase vir so lank lê en vernietig word? Gee die plase vir die mense wat aansoek doen.

Ons wil tog ons dank aan Angels Begrafnisondernemings uitspreek. Baie dankie vir die goeie diens wat julle vir ons die 8ste en 9de April in Gibeon gedoen het. Mnr. Goeieman, baie dankie, jy het ons op die hande gedra. Keep-up the good work. God seën, ons waardeer dit baie. - Van die Bezuidenhout en Christiaan familie

Baie dankie, Beulah van Standard Bank Customer Service vir jou vriendelike en uitstekende diens. - Valued Customer

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer