No Image Caption

SMS’e vir 11 November 2022

Mandy Rittmann
Ek is so moeg vir hierdie Swapo-regering. Kan Namibians hulle se oë oopmaak laat ons ontslae raak van hierdie so-called leiers, asseblief! Namibië sal swem in skulde en armoede, solank ons onder hierdie regering is. Dit was glad nie nodig vir Namibië om geld te leen nie.

Die banke jaag die mensdom na loan sharks, want hulle kan ons nie help nie, omdat ons op ITC is. Elke tweede mens is by ’n loan shark. Mense kry swaar as gevolg van duisende rente, wat hulle aan loan sharks moet betaal en hulle kom nie daar uit nie. Nooit sal hulle daar uitkom, want hulle moet geld het om te kan lewe. Mense verander, omstandighede verander, hoekom kan die banke ons nie help nie?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-08-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer