No Image Caption

SMS’e vir 10 Augustus 2022

Ek verstaan nie, Cheetah Cement-fabriek se werknemers moet weet dat hul darem nog ‘n salaris gekry het en brood op hul tafel kon sit, wat hulle nou kan verloor en dan het hulle heeltemal niks om van te leef. Daar is diegene wie bitter graag ’n werkie wil hê. Onthou die spreekwoord wat sê as jy nie met die kleintjie tevrede is nie, is jy die grote nie werd nie.

Ja nee, Okahandja-munisipaliteit is een hopelose saak. Weet regtig nie waarvoor hulle nog moet betaling kry nie. Hulle is gretig om tariewe te verhoog, maar verder as dit beteken hulle niks. Wonder net waarvoor word die geld gebruik?

Bestaan daar soiets dat as jy nog nie jou geld opgeëis het nie, dit gevries kan word by Social Security?

Danki Willie Platt vir jou goeie werk, jy is ’n top Auto Electrician, jy het ons duisende gespaar.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer