SMS’e vir 1 Februarie 2023
Ai, dis so erg om te sien hoe die manne wat houtwerk doen langs die Shell-vulstasie se houtwerk elke keer nat reën. Of hul moet in die bloedige son staan en werk. Is dit hoe min daar vir ons mense omgegee word? Kan daar dan nie vir hulle afdakke opgesit word nie?
Goed grootgemaak: ek, enigste dogter, het drie broers. Ons moes beurte maak: een was, een droog af, een pak weg en een vee uit. Ja, die manne se styl was ietwat onkonvensioneel. Ouboet droog af in ’n rekordtyd en kleinboet wat wegpak moet bontstaan om die vlieënde koppies te vang. Pa is vandag 82 en nog steeds droog hy elke dag skottelgoed af. Geliefde manne, ek salueer julle! Keep up the good work.
Die regering het geld wat rond lê vir iPhones en miljoene dollar se kondome, maar kan ons nie ordentlike verhogings gee nie. Ek hoop ons sal kan saamstaan en staak tot aan ons eise voldoen word.
Dis ironies dat die minister van onderwys, onderwyser aanbeveel om laptops te koop met die springmielies wat hulle verdien, dit terwyl parlementariërs gratis selfone kry met hul massiewe salarisse en byvoordele.
Ek wil net weet, 40 jaar vir firma gewerk, moet aftree, géén incentive, net jou maand se salaris. Is dit regverdig?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie