Slegte paaie na Sesriem

Mandy Rittmann
ZELDA SKRYF:Ek wil hierdie foto’s met julle deel van die swak toestand van die grondpad, C19 wat van Solitaire na Sesriem lei. Hierdie paaie is horibaal sleg, skud jou motor uitm
...

Kommentaar

Malcolm and Louisa Campbell 9 Maande Gelede 19 August 2024

Die grondpad van Maltahöhe na Helmering is in net so 'n haglike toestand. Daar is van die waterpype wat onder die pad deurloop vir die rivierlopies wat al so deurgetrap is dat die sement van die pype al stukkend gaan en gate in het. Dit is verskriklik gevaarlik veral vir toeriste. Daar sal daadwerklik iets aan gedoen moet word anders gaan die MVA heelwat ongelukke moet uitbetaal aan huurkar maatskappye. Ek kan nie verstaan hoekom die huurkar maatskappye nie saamstaan en ook hul stem dik maak oor die swak toestand van die grondpaaie daar nie, want dis die hoof toeriste roetes, maar karre gaan nie hou as dit so agterweë gelaat word nie. Plaaslike inwoners se voertuie hou ook nie. Die Minister van vervoer moet dalk 'n slag self die paaie kom ry en voel hoe voel 'n sinkplaat pad onder 'n kar waarvoor jy self moet betaal en nie 'n staatskar wat maar uitmekaar kan skud nie, want ons koop net 'n nuwe een.

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer