Photo Caption
Photo Caption

Skool uit sewentigs

Lesersbrief
ANONIEM

ANONIEM SKRYF:

Hoekom is daar nie elke vyf jaar instandhouding gedoen nie? Of ten minste elke tien jaar? Dan sou die skool [Andimba Toivo ya Toivo Sekondêre Skool op Ondangwa] nou in ’n aanvaarbare toestand wees en die nuwe instandhouding sou ’n normale bedrag wees. Dis vir my onaanvaarbaar dat daar ná 36 jaar die woord instandhouding nog nie in die breine en papiere van ons land se regering ’n begrip geword het nie. Daar is net ’n betekenislose leemte.


* Beste lesers, keuring vir die ­publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesers­bydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van ­private besighede word eers aan die onder­neming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-08-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer