Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Simpatie? Vir wie?

Mandy Rittmann
BLIKBREIN SKRYF:

Met die lees van die moordverdagte, Lichtenstrasser se Engelse “huldeblyk” in die Republikein van 12 Desember, kom die Rolling Stones liedjie “Sympathy for the devil” onmiddellik by my op. Hoekom moet die “mooi” aanhaling uit Shakespeare se Othello gebruik word, om koelbloedige moorde te moraliseer? Was jaloesie hier ter sprake? Het hy sy slagoffers ’n gelyke kans gegee om selfverdediging? Nee, die moorde was ’n lafhartige daad gepleeg deur 'n onstabiele, beroulose persoon.

’n Ware vryheidsvegter sal hom hieroor walg.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer