Rugby span seile
ONDERSTEUNER SKRYF:
Hoe meer ek gesels met Namibiese rugbyliefhebbers wat ek ken, hoe meer kom ek agter almal is so dankbaar die vorige troepe het die sinkende rugbyskip verlaat.
Nou is daar individue en instansies wat op hierdie skip geklim het, en 'n wedstryd gereël het om die mense terug te bring na ’n nuwe Hage Geingob-stadion toe. Hulle wil die skip red.
Duidelik was borge, instansies en sakemanne nog altyd beskikbaar, maar die vrug van die ou raad was vrot?
Kom ons vat hande saam met hierdie groep manne en vroue wat onbaatsugtig hulle energie, tyd en geld inploeg om hierdie sport weereens die sportkode te maak waarop die wêreld jaloers was.
Kyk net wat is vermag op die Hage Geingob-stadion. Ek kan nie anders as om mnr. Paul Oosthuizen uit te sonder nie. Ek glo die OfficEconomix Goodwill Challenge gaan ’n reusesukses wees die 4de Junie.
Dankie ook aan mnr. John Heyns, CEO van Namibië Rugby wat ’n verandering wil maak. Sy gesindheid, entoesiasme en vermoë om borge en donateurs betrokke te maak, is voor die handliggend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie