Plaas asseblief my brief in u hooggeplaaste koerant
ROOI OLIFANT SKRYF:
Vir ’n geruime tyd is daar ’n sekere sieklike patroon wat telkens opduik dat lugseine op Keetmanshoop wat met die regering verbind word, tydens belangrike openbare vakansiedae soos Internasionale Menseregtedag, doelgerig afgeskakel word soos dit vanjaar weereens die geval was.
Op hierdie dae word NBC se radio- en televisie-uitsendings, en MTC en TN Mobile se selfoonnetwerkseine afgesit of afgestel. Intussen is selfs ’n bekostigbare Go-TV-sein nie op Keetmanshoop beskikbaar nie, ten spyte van die feit dat sodanige dekodeerders op dié dorp verkoop word, wat nie sin maak nie en inwoners al vir jare op dooie ore vir toegang tot Go-TV-uitsendings pleit. Wat sit daaragter?
Hierdie oënskynlik opsetlike blokkasie en sabotasie van plaaslike inligtingkommunikasiedienste is niks anders as ’n growwe skending van die reg tot inligting, wat ’n basiese mensereg is en waardeur Suidenaars van toegang tot belangrike inligting ontsê word. Dit bevorder onkunde en meegaande sosiale euwels.
Dié praktyk blyk ook om ’n manier van ontduiking van openbare kritiek te wees, maar wat sentrale regeringslui net nie besef nie, is dat hierdie sabotasie ons net meer van hul swaksinnige party vervreem. Jul Swapo maak ons naar! Die stembus in 2024 sal dit bewys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie