Paaiepolitiek
FREDERICK KOTZE SKRYF:
Dis glo heel toevallig dat finansiering vir die herstel van paaie in Otjiwarongo bekom word in ’n (algemene) verkiesingsjaar. Miskien moet ons elke 18 maande ons munisipale raadslede van voor af verkies. Ons maak Otjiwarongo die proefkonyn. Ek glo heel toevallig sal die munisipaliteit meer erns maak met dienslewering en instandhouding van infrastruktuur as jy nie vir vyf jaar van jou posisie verseker nie, maar op ten minste slegs 18 maande. En ek dink daar moet perke wees op die totale tydperk wat jy in die amp kan dien. Slegs 72 maande “tops”. Meer nog: Die burgemeester en die uitvoerende komitee se vergoeding moet die deursnee inwoners se inkomste weerspieël. Ek dink die wat dien uit pligsbesef in plaas van die ruim voordele tans verbonde tot posisies, sal sterker na vore kom.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie