Orrelpype en Versteende woud
NAVRAAG VAN LEON KOTZE:
Op 10 Julie 2025 het vier Namibiese burgers bogenoemde twee plekke besoek. Eerstens die Versteende woud waar hulle deur die personeel daar meegedeel is dit sou N$250 per persoon kos om in te gaan. Hulle het toe die personeel daar meegedeel dat hulle nie kans sien om N$1 000 te betaal nie. Toe verander die personeel hulle bedrag na N$70 per persoon, omdat hulle toe besef die mense is Namibiërs en nie toeriste van ‘n ander land nie. Maar hulle kwoteer eers die hoër prys! Presies dieselfde het met dieselfde vier mense by die Orrelpype gebeur.
Nou wil ek graag hoor: Is dit beleid dat daar ‘n onderskeid getref word tussen buitelandse toeriste, (hulle bring baie geld in die land in) en gewone Namibiese burgers?
Is dit beleid/opdrag dat personeel eers die hoër bedrag vra en dan die kleiner een as hulle “besef” hulle het ‘n “fout” gemaak.
Ek kan net byvoeg hulle het ‘n kwitansie by die Versteende woud gekry, maar geen kwitansie by die Orrelpype nie. Hoe word daar boek gehou met so ‘n stelsel?
REAKSIE VAN NASIONALE ERFENISRAAD VAN NAMIBIë:
Goeie dag mnr. Kotze,
Dankie vir u e-pos. Ons is jammer om te hoor van die onaangename ervaring wat die groep by ons erfenisgebiede gehad het. U kommunikasie sal met die bestuur gedeel word, sodat dit aangespreek word. Ons doel is om almal wat ons gebiede besoek ’n aangename en onvergeetlike ervaring te bied.
Ons fooie is geklassifiseer volgens die tipe besoeker, of hulle internasionale, SADC, of Namibiese besoekers is. Wanneer ‘n groep die gebied besoek moet ons personeel eers bevestig waar die besoeker vandaan kom en dan daarvolgens kwoteer.
Aangaande die kwitansie, dit was dalk net ‘n oorsig dat dit nie aan die groep uitgereik is nie. Ons sal dit aanvra by die personeel en vir u aanstuur.
Ons opregte verskoning vir wat gebeur het. Ons hoop dat hierdie ervaring nie u sal verhoed om ons ander gebiede ook te besoek nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie