Oor God gepraat
BLIKBREIN SKRYF:
Na aanleiding van dr. Annes Nel se dagstukkie van 1 Maart: My kwalifikasie in lyding is nie 'n graadkursus nie, maar 'n pynlike persoonlike ervaring.
My dogter is onlangs aan kankerkomplikasies oorlede. Die kanker (God se wil) het haar liggaam stelselmatig eers ontvrou (mastektomie) en later klier vir klier, orgaan vir orgaan, laat sterf.
Nee dr.Annes, ons wil graag populisties vir God in menslike terme verstaan en Bybels in 'n vrome vormpie giet, maar 'n God wat jou pynlik laat sterf en passief bly, se liefde verstaan ek nie. Sy nabyheid is 'n troos. Maar sy wil is onverklaarbaar en vir my onversoenbaar met 'n God van liefde. Hy moet ook instaan vir kanker as Sy donker skepping, of ons nou daarvan hou of nie, en of ons dit verstaan of nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie