Ons taal
Vlieg hoog soos ’n arend
Wat ’n ongekende voorreg was dit nie net om die afgelope naweek eerstehands te beleef hoe Namibië die geskiedenisboeke herskryf met die Eagles se oorwinning teen die Proteas. Welgedaan!
Daar is geklets, gelag, geskree, gehuil, gesing, gebid, naels gekou en opgespring om die sege te vier, maar 11 Oktober 2025 is ’n dag wat Namibiërs (krieketaanhangers ofte nie) nog lank sal onthou.
Op ’n stadium sê ek vir my vriendin die verlangde lopiekoers (required run rate) is glad nie te ver buite bereik nie en Namibië staan werklik ’n kans om die buurland te klop. Soos dit maar met krieket gaan, is die wedstryd nogtans nie verby tot die laaste bal nie geboul is nie. Soete oorwinning was dit wel.
My vriendin merk terloops op dat sy nog nooit die Afrikaanse term vir run rate (lopiekoers) gehoor het nie. Ek is dankbaar ek het leer krieket kyk in ’n huis waar die Afrikaanse terminologie gebruik is. Die Engels het ek eintlik eers aangeleer as kriekettellinghouer (scorer).
Aangesien Afrikaans as taal vanjaar 100 is, doen jouself ’n guns en kyk bietjie krieket met die Afrikaanse kommentaar in die agtergrond. Meer nog, as jy in Afrikaans oor krieket klets, moet dit dan nie in mengels doen nie.
Afrikaanssprekendes weet dat ’n bat eintlik ’n kolf is en ’n over is ’n beurt, die kolwer (batsman) se crease is sy kolfkampie en hy teken lopies (runs) aan. Agter hom staan die paaltjiewagter (wicket keeper) wat hom kan stonk (stump).
Ander terme is onder meer: snelbouler (fast bowler) of naatbouler (seam bowler), draaibouler of draaier (spin bowler/spinner), wydloper (wide), duikbal of streepbal (yorker), nulletjie (duck) en goëlbal (googly) en skeidsregter (umpire). Sodoende leer ons die jonger krieketliefhebbers meer as net die spel.
Eagles, julle verdien om hierdie merkwaardige gebeurtenis te vier en hoog te vlieg soos die arende wat julle is. Iets wat my egter sal bybly van die vieringe daarna is die Proteas se goeie sportmangees – die wedersydse respek tussen dié twee spanne se spelers laat mens gewis met ’n knop in die keel.
Elzeth Harmse
Afrikaansonderwyseres
[email protected]* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie