Ons taal
Idiome
Daar is twee diere wat jy moet skiet as jy vrede in jouself wil vind. . . die ou koei in die sloot en die bobbejaan agter die berg. Dit gaan nie altyd klopdisselboom nie en soms voel jy tussen die boom en die bas, maar onthou dat elke donker wolk ’n silwer randjie het. Jy moet hare op jou tande hê en skouer aan die wiel sit as jy die vrugte wil pluk. Soms is jou gees gewillig, maar jou vlees is swak. Bly kalm, wysheid kom met die grysheid en die agteros kom ook in die kraal. Vul jou hart met die mooi, want wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Bly weg van saggies praat, want dit is duiwelsraad. Pas op vir daai jakkals, hy verander van snaar maar nooit van haar. Moenie iemand op sy baadjie takseer nie, partykeer skuil die mooiste hart in ’n verslete jas. Wees eerder daai katjie van die baan, gesels ’n hond uit ’n bos en smeer daai heuning om die mond. Die gras is nooit groener aan die ander kant nie, dit is groener waar jy dit water gee. Maar luister jy ooit na hierdie raad, of is dit by die een oor in en die ander oor uit? Soms voel jy ’n veer en van lotjie getik, maar probeer is altyd die beste geweer. Al voel jou blus uit, trek daai wa deur die drif voor die son water trek. Niemand is perfek nie, en nie almal is mooi nie, maar onthou die lekkerste appels is nie altyd rooi nie. Pas op vir daai ou bokke, hulle hou van jong blare en trou is nie perdekoop nie. Moet nooit vergeet nie, vinkel en koljander die een is soos die ander. Hou op om almal gelukkig te maak, want jy is nie ’n braaibroodjie nie. Oos wes, tuis bes. Fluit-fluit my storie is uit!
Adéle van Niekerk
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie