Ons taal
Speel-speel
Twee woorde wat my fassineer, is speel en kaalvoet. Die twee woorde laat ’n mens onwillekeurig aan ’n kind dink.
Grootmense speel nie eintlik nie. Dis regtig baie jammer. Etienne van Heerden het ’n hele roman geskryf waarin die hoofkarakter speel en hy is ’n volwassene. ’n Klimtol is ’n speelding – ’n yo-yo! Die roman Klimtol beeld hierdie kreatiewe spelende mens uit – Homo ludens.
Die HAT het veel te sê oor speel. Daar word sowaar 14 verskillende betekenisse of gebruike van speel aangedui. Ek hou egter baie van die eerste een: “jou vermaak; iets doen om jou aangenaam besig te hou”. Dit klink mos goed en sinvol – selfs vir grootmense. Hoe dor sal ’n lewe nie wees as ons nooit iets doen wat aangenaam of lekker is nie. Só kan ’n mens tog regtig nie lewe nie.
Etienne van Heerden teken die spelende mens (Homo ludens) as kreatiewe gees, skeppende gees, spelende gees. Kreatiwiteit maak lewe speel-speel skeppend. Om die aarde tot stand te bring moes God skep. Mense is so bevoorreg om “na te skep in stof” sê NP van Wyk Louw.
Nou waarom speel en kaalvoet? Môre word die Kaalvoetwerkwinkel by NGK-Suiderhof se saal aangebied. Daar gaan grootmense kaalvoet speel, sodat hulle kan weet hoe belangrik speel is – veral vir kinders ook.
En grootmense wat nie meer kan speel en kaalvoet loop nie, mis die grootste pret in die lewe. Kom speel gerus môre saam!
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie