Ons taal
My huis
Jare gelede toe ek besef ek hou vreeslik baie van die meer landelike atmosfeer op Elisenheim, net buite Windhoek, besluit ek om ’n erf te koop en ’n huis te bou.
Maar dit is nie net vir koop en bou nie; mens het geld nodig! En geld groei nog steeds nie aan bome nie (en ook nie op my rug nie, het my ma altyd gesê!)
Ek maak planne en praat met mense wat meer van geld af weet. Uiteindelik besluit ek om die klein huisie wat ek op Okahandja besit, te verkoop. Ek het dit al die jare verhuur; maar as ek dit kan verkoop... en sowaar, ek kry redelik maklik ’n koper. Die geld word in my rekening inbetaal en ek voel baie ryk.
Ek gaan haal by die eiendomskantore op Elisenheim ’n kaart met al die erwe wat beskikbaar is. Vir dae lank ry ek in die strate op en af en weeg die ligging en prysklas van elke stukkie aarde teen mekaar op.
Een oggend toe ’n vriendin by my kuier, ry sy saam en ons kom af op ’n erf: nie heel onder aan die bult nie en ook nie heel bo nie – net mooi op die regte plek. Ek neem ’n foto van die bordjie met die nommer op en gaan terug na die kantoor. Die hulpvaardige administratiewe personeel slaan na wat die presiese prys van die spesifieke erf is. Dit is tot op die laaste sent wat ek vir my Okahandja-huisie gekry het. Ek teken die dokumente en tref reëlings dat die geld oorgedra sal word.
Toe kontak ek die bouer wat ek op Elisenheim ontmoet het: Jacques van Tonder. Hy bly in dieselfde straat van die huis wat ek in daardie stadium huur. Hy laat my die planne kry van ongeveer vyf soorte huise wat ek kan gebruik en volgens my behoeftes kan aanpas. Ek kies ’n tweeslaapkamerhuis met ’n dubbelgarage en ’n ekstra stort en toilet in die garage. Ek gaan na ’n tekenaar om die planne aan te pas en toe begin Jacques bou.
Ek kry trane in my oë toe ek gaan kyk nadat die fondasie gegooi is. Kan dit wees? My eie huisie se fondamente! Ek ry gereeld om die bouwerk dop te hou. Omdat ek net sementafwerking wil hê, hoef ek nie teëls uit te soek nie; wel krane en wasbakke en ligte. Dis ’n proses – maar my huis is binne ’n jaar klaar gebou. Intussen het ek bietjie geld gekry nadat ek afgetree het uit die staatsdiens. Ek kry dit reg om ’n klein banklening aan te gaan om die totale bedrag bymekaar te maak.
Ek trek op 17 Junie 2017 in my huis in en skryf ’n gedig vir my huis. My dogter verf die gedig by my voordeur:
My huis se naam is Rust en Vrede
My huis se naam is Welkom tuis
My huis se naam is Fort teen die koue
My huis se naam is Genadendal
My huis se naam is Kom-maar-binne
My huis se naam is: Ek-het-tuis-gekom. . .Susan Alexander
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie