Ons oertaal
BENNIE BOBEJÉ SKRYF:Praat van volslae vrees vir waarheid wat kan vry maak? Die skrywer van die rubriek “Ons Taal” se skryfstukkie “Moedertaal en kind” van Vrydag 25 Februarie 2022 in die Republikein spreek boekdele.
Eerstens is Afrikaans meer as net ’n moedertaal vir die bruinman – Basters, Kleurlinge en soms Nama. Dis ons oertaal, voorouertaal, erftaal, inheemse taal, kultuurtaal, lewenstaal en identiteitstaal.
Juis daarom speel die skryfster Afrikaans op ’n slim manier af langs politieke lyne om die onafwendbare te probeer stuit: Die dobberende, onkeerbare en ononderdrukbare waarheid. Is dít dan nie juis wat (met alle respek gesê) gewese eks-Suid-Hollanders kom doen het om die bruinman van sy taal te ontneem en te vervreem om hom sodoende van sy stem en agentskap te ontneem en sy waardigheig te krenk nie?
Soos hulle sê: Wat in Suid-Afrika gebeur, spoel gewoonlik en outomaties, om historiese redes, oor na Namibië, in hierdie geval die besef dat ’n gewese inkommer my taal met wortel en tak, krag en mag gesteel het om inheemse status en meegaande regte te bekom, want dit is wat die Franse Agt deur die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gedoen het? Daar moet nooit ooit buite rekening gelaat word dat hul oorspronklike taal, Suid-Hollands (’n Nederlandse dialek), en in die geval van die Franse Agt, Frans, deur die laerklas gepraat was nie.
Ons in Namibië is nogal nie onkundig soos ’n “liefdevolle kind” nie, want grootmense het ons van ons regmatige voorouerlike eiendom beroof.
Raad? Lief die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die naakte waarheid nie, want dit maak vry. Die bruinman soek nie (meer) reg en geregtigheid omdat hy gekrenk voel nie – net my taal en besitreg daarop. Die politiek daaromtrent is sekondêr. Sy Afrikaanse identiteit seëvier omdat God die waarheid liefhet en self sy eer en identiteit herstel.
Ons is Afrikaner-Khoe of Khoe-Afrikaners – nie D.F. Malan se afgewaterde “Kleurlinge” nie. By the way. Afrikaans sukkel maar steeds om van sy (oorspronklike) Khoesan-taalelemente, waarsonder die taal sin sou verloor, ontslae te raak...
Daarbenewens word Afrikaans nie (rêrig) in Europa gebruik nie; bevat die naam van die kontinent Afrika in sy naam; het die oorsprong van sy naam in die naam van die khoesanoïde Afrikanerstam van die Nama (waarvanaf Kleurlinge en Basters gedeeltelik stam); het nie witmense met die van Afrikaner nie; word aktief deur die bruinman gebesig en bewaar; en die eerste Afrikaanse skool en geskrif was deur bruinmense bedryf en opgestel.
Alle klinkklare bewyse bestaan dat dit mense van kleur se taal is, selfs taalkundig en wetenskaplik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie