No Image Caption

Ons nasie moet bid

Mandy Rittmann
CLAUS SCHMIDT SKRYF:

My hart bloei oor die standbeeld van Curt von Francois wat verwyder word. Sonder om te skroom word sy nagedagtenis weggevee, maar terselfdertyd word daar steeds bakhand gestaan vir miljarde dollars by dieselfde nasie wie se beeld afgebreek word. ’n Nuwe beeld word vir die regerende party se nuwe hoofkantoor opgerig. Dié beeld kos sekerlik meer as om 10 straatkinders ’n suksesvolle skoolloopbaan te help voltooi én ’n verskil aan hul hele nageslag te maak. Die Namibiese nasie moet asseblief bid, dat Duitsland nie alle hulp, geld en ontwikkeling opskort nie, want dan sal die nasate werklik sien wat Duitsland in die verlede en hede vir ons land beteken.

Ek sê maar net.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer