Onderwys – Regte, verpligtinge en valse beskuldigings
’n Suksesvolle demokrasie vereis ’n volmaakte balans tussen regte en verpligtinge.
So ’n demokrasie waarborg gelyke regte vir al sy burgers en belas almal met korresponderende verpligtinge. Dit is hierdie perfekte balans van regte en verpligtinge wat ook die sukses van ’n onderwysstelsel waarborg.
Baie keer fokus ons in so ’n mate op die regte van kinders dat dit eintlik hulle verpligtinge sowel as die regte van onderwysers versluier. Die onderwysregsgeskiedenis bevestig dat dit al die miskenning van die regte van onderwysers tot gevolg gehad het. Nou die ander dag stuur ’n vriend vir my ’n videogreep van ’n klein knapie (klein en maer) wat ’n onderwyser uitdaag en hom op die aller lelikste manier vloek. In die stortvloed van vloekwoorde is die onderwyser se ma ook sommer bygekom. ’n Onderwyseres wat hom probeer kalmeer en versoek het om na “meneer” te luister, is eenvoudig geïgnoreer. Ek kan my indink wat met die onderwyser sou gebeur as hy die onbeskofte klein wetter ’n afgedankte loesing gegee het.
Baie jare gelede het hoërskoolseuns in die Wes-Kaap ’n onderwyser daarvan beskuldig dat hy hulle seksueel misbruik het. Die onderwyser is deur ’n dissiplinêre verhoor skuldig bevind en ontslaan. Baie jare na die voorval, toe die seuns al volwasse mans en die onderwyser oud was, het hulle erken dat dit nooit gebeur het nie. Hierdie bekentenis na soveel jare het nie veel beteken nie; die onderwyser se lewe was geruïneer.
In 2020 het graad 5-dogters, ook in ’n Wes-Kaapse laerskool, ’n onderwyseres daarvan beskuldig dat sy lyfstraf toegedien en leerders beledig het. Tydens arbitrasie is sy skuldig bevind op 14 uit die 17 klagtes. Tydens die appèlverhoor is gevind dat daar ’n toksiese verhouding tussen die twee graad 5-klasgroepe was en dat die dogters van die een klasgroep deur hul onderwyseres aangehits is om die klagtes te lê.
Die appèlhof het ook bevind dat die arbitrasietoekenning ten gunste van die onderwysdepartement gemaak is op grond van selektiewe getuienis. Verder kom die hof tot die gevolgtrekking dat daar ’n geneigdheid by die leerders was om nie altyd die waarheid te vertel nie. ’n Kostebevel is ten gunste van die onderwyseres gemaak en die departement moes haar weer in diens neem. By ’n skool in Orkney het ’n 15-jarige seun ’n onderwyseres daarvan beskuldig dat sy sy geslagsdele betas het en dat hulle seks in die klaskamer gehad het. In die hof is hierdie beskuldigings as vals uitgewys.
’n Hele paar valse beskuldigings teen onderwysers word genoem in die navorsingstuk, “Causes of the Alarming Rise of False Sexual Allegations Against Teachers in South African Schools (2022)”. Die navorsers het veral belang gestel in die faktore wat tot valse en ongegronde beskuldigings teen onderwysers bydra.
Een dogter, uit vrees vir straf deur haar ouers oor haar swak prestasies, het ’n onderwyser daarvan beskuldig dat hy haar seksueel betas het en sy as gevolg daarvan nie op haar skoolwerk kon konsentreer nie. ’n Medeleerling het egter getuig die onderwyser het slegs aan haar geraak toe hy haar selfoon wou afneem, wat sy nie vrywilliglik wou afgee nie. Dit wil voorkom of sulke beskuldigings veral gemaak word waar leerders nie volgens die ouers se verwagtinge presteer nie. Dit blyk ook dat senior dogters jong onderwysers teiken en dit soms uit wraak en jaloesie gedoen word.
By skole is leerders die mindere en swakker vennote; dit is miskien die oorwegende rede waarom hulle geredelik geglo word. In die VSA wys navorsing dat 22% van skool- en kollegepersoneel valslik van seksuele vergrype beskuldig word. In Suid-Afrika word een uit vyf sulke aantygings in dissiplinêre verhore en howe uitgewys as vals. Hierdie is ’n ernstige saak en dit kan traumatiese gevolge vir die beskuldigde inhou. Die navorsers beveel aan dat leerders goed ingelig en hierop gewys word.
Tweedens, beveel die navorsers aan dat dissiplinêre en arbitrasieverhore en howe dieselfde waarde aan die menswaardigheid van onderwysers heg as aan die van leerders.
Derdens, is dit algemene kennis dat ’n kind deur ’n battery van wette en regulasies beskerm word. Onderwysers het dieselfde reg op beskerming wat toepaslike wetgewing bied. Verhore en howe mag dus nie die getuies en getuienis van onderwysers minder ag nie. Vierdens, wys die hoër howe daarop dat daar alle bewysstukke wat voor verhore en howe dien, deeglik ondersoek moet word en alle moontlikhede oorweeg moet word.
In die saak van Monageng v S207 is die appèl van die hand gewys. Die hof, nadat dit alle moontlikhede ondersoek het, het bevind dat die weergawe van die appellant onmoontlik waar kon wees. Die hof baseer sy bevinding op die werklike gebeure en nie op ’n oorwig van waarskynlikhede nie. Dan moet mens onthou dat alle tipe van verhore begin by die skoolrade; die verteenwoordigers van skoolouers op die skoolbestuur.
Dit is nie net belangrik dat skoolhoofde alle belangrike kwessies met hulle opneem nie, maar dat hulle deeglike opleiding in die hantering van dissiplinêre kwessies kry.
– [email protected]* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie