Onderhoudsake wat net nie klaarkom
ANONIEM SKRYF:
Dis darem baie snaaks hoe persoonlike dokumente in 'n onderhoudslêer net wegraak ná jy dit 'n hele paar keer ingedien het.
Persoonlike inligting word ook verskaf aan manspersone wat onderhoudsake aanbetref, dan sá die manne hulle is nog op datum.
Kan van die sake wat al deur al die regte kanale was wat nie rigting kry nie direk oorgegee word aan die Ombudsman se kantoor in Windhoek sodat hulle dit kan hanteer?
By van die sake het jy al prokureurs gehad, maar daar is sake waarmee mense kanse vat. Dan vra jy jouself hoe kry sekere persone dit reg?
Kan ou sake nie aan die Ombudsman se kantoor in Windhoek gegee word nie? Die goed moet afgehandel word, maar kom nie na 'n kant toe nie.
Daar is party sake waarin een party siek speletjies speel en kanse vat. Hoe kan een party jou kind blootstel aan omstandighede wat nie goed is nie?
Die persoon gee voor hy kan die kind sien, maar hy stel nie belang nie. En wat as hy ook nog verskeie klagtes teen sy naam het, soos molesteringsake, aanranding, ens..?
Vir besoeke behoort daar tog in sulke gevalle reëls te wees of dit moet onder toesig wees.
Korrupsie is orals.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie