Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

November-seën

Mandy Rittmann
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

Ons kyk op na die hemel grou.

God het virri woestyn ’n belofte voorbehou.

Woestynsand warm tussen die tone.

November-seën is ons beloning.

Net na skemer het dit kom reent.

Warm woestyn verwelkom November-seën.

Volstruisgras en Welwitschia-glimlag.

Dankie virri lafenis in die nag.

Ja, o Heer, dankbaar virri seën.

Narrabos glimlag virri reent.

Vanaf die hoogste appelkoosduin.

Eggo donnerweer verby Namibrant's kruin.

Blitse groet Tshaugab-kronkels diep.

Soos wit en blou verdiep.

’n Stofplad nou seepglad.

November-seën wat als benat.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer