Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Netwerk Namibië reageer op navrae

Mandy Rittmann
DR. CALLIE OPPERMAN SKRYF:

Na aanleiding van die vraag wat in Republikein gevra is oor Netwerk, in reaksie op die Prestige Kultuurtoekenning aan mnr. Polla Steyn, gee ek graag die volgende inligting.

Die vraesteller wil weet of dit ’n geslote organisasie is. Daarop is die antwoord “Nee”. Netwerk is ’n onafhanklike, nie-politiese, vrywillige Christelike Afrikaanse organisasie.

Ons werk vir die:

* Bevordering van die belange van Afrikaners om daardeur die land (Namibië) en die breë gemeenskap te dien, sonder benadeling van ander se belange.

* Bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaners tot uitnemendheid op elke terrein van die samelewing.

* Bemagtiging van Afrikaners om hulle welvaart te help verbeter, ten einde ander gemeenskappe te bemagtig.

Wat doen Netwerk?

Netwerk beywer hom vir die onderlinge skakeling van organisasies en individue wat dieselfde doelstellings het, om Afrikaner-belange te handhaaf en uit te bou, of om die Afrikaanse taal en kultuur te handhaaf en bevorder. Sovêr dit vir ons moontlik is en organisasies daarvoor te vinde is, wil ons help om aksies te koördineer tot groter doeltreffenheid.

Daar word gereeld sake-etes gereël, waar Afrikaners en ander mekaar kan ontmoet en denke positief gestimuleer kan word.

Ook jy kan ’n verskil maak!

Skep lojaliteit in die Namibiese Afrikaanse gemeenskap vir jou herkoms, taal en kultuur.

Jou finansiële bydrae kan help om Afrikaanse taal- en kultuuraktiwiteite te befonds en fasiliteite, beurse en studiegeleenthede vir Afrikaners te skep.

Netwerk het tans geen ledegeld nie, maar jy kan ’n vriend van Netwerk word, en ’n vrywillige bydrae lewer ter bevordering van ons doelstellings.

U is ook welkom om met die bestuur ’n gesprek aan te vra. Kontak Elizma in ons kantoor by [email protected].

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer