Nasionale dinkskrum moet gehou word
ROOI OLIFANT SKRYF:
President Donald Trump het onlangs skokgolwe deur die wêreld gestuur toe hy aankondig dat Amerika sy skenkings vir MIV/vigsbekamping sou staak.
Ná hewige wêreldwye reaksies, kondig hy toe weer aan, dat hy sy besluit sou omkeer, maar dit blyk net leë woorde te wees.
Alle skenkings via UNAIDS is voortaan summier opgeskort, wat meebring dat dié agentskap wêreldwyd sy deure toemaak. Sou dieselfde lot die Amerikaners se PEPFAR-program tref, waaraan Namibië vir die volhoubaarheid van bekampingsprogramme afhanklik is, hou dit reuse-negatiewe gevolge vir Namibië in. Die vooruitsigte vir die Namibiese gesondheidstelsel, MIV/vigsprogramme, pasiënte en gesondheidswerkers is nou onseker.
Sou die PEPFAR-program se finansieringsooreenkoms gestaak word, sal dit Namibië grootliks benadeel. UNAIDS-programme op voetsoolvlak sal nie meer geborg word nie, wat meebring dat alle gemeenskapsprogramme toemaak en nieregeringsorganisasies rondom MIV/vigsbekamping hul deure sluit. Namibië dink dis àl, maar as PEPFAR sluit, sal sodanige besluit die gesondheidstelsel lamlê.
PEPFAR finansier nasionale programme soos programoperasies, personneel, gehaltebestuur, databestuur, monitering en evaluasie en mediese voorraad vir spesiale programme vir MIV/vigs, malaria en TB. As finansiering vir MIV/vigsbehandeling gestop word, sal dit nie net pasiënte op daardie gebied sleg beïnvloed nie, maar ook servikskanker-, TB- en malariapasiënte.
Servikale kanker onder jongvrouens neem tans epidemies toe in Namibië, veral onder MIV/vigspasiënte met lae immuniteit. Namibië ondervind ook tans ’n malaria-epidemie. Talle pasiënte het reeds onlangs in epidemiese gebiede, in veral Zambezi, daaraan beswyk. Bystandsprogramme soos manlike besnydenis, seksuele voorplantingsgesondheid en papsmere sal ook beïnvloed word. Potentia verskaf klinici in spesiale programme en servikale kankerbehandeling. Namibië staan dus op die drumpel om hierdie kundiges te verloor.
Sommige kritieke medisyne vir MIV/vigspasiënte soos Cotrimoxazole wat opportunistiese infeksies bestry, is al vir maande uit voorraad. Al meer en meer pasiënte word nou sieker, wat druk op die reeds oorlaaide gesongheidstelsel plaas.
MINISTERIE STIL
Die ministerie van gesondheid is stil soos die Namib oor dié aangeleentheid. Dit lyk dat daar later ook nie meer kondome, MIV-profilaktoriese medisyne en toets-“kits” beskikbaar kan wees nie, wat suksesse tot dusver behaal, plat kan laat val en sal die 95-95-95-benadering tot MIV/vigsbehandeling kniehalter.
Almal word geraak – geïnfekteer of geaffekteer – gesondheidsgewys, maatskaplik, ekonomies en selfs heel moontlik later op nasionale veiligheidsvlak ten opsigte van wet, orde, stabiliteit en vrede. Dit kan ’n stryd om oorlewing en selfbehoud word – globaal, kontinentaal, op streekvlak, nasionaal, provinsiaal, op gemeenskapsvlak, familiaal en individueel.
Skielik verneem ons van ’n vigskuur wat blykbaar gevind is, maar kan dit wees in die lig van die feit dat die MIV-virus se DNS verstrengel raak met dié van die menslike sel? Om dít te beveg, sou beteken die menslike DNS sal ook vernietig word.
Finansiering vir MIV/vigsbehandeling en sy onderlinge programme is in die eerste plek nie die VSA, PEPFAR of UNAIDS se probleem en verantwoordelikheid nie, maar Namibië s’n. Namibiese politieke en nasionale gesondheidbesluitnemers is onverantwoordelik. Daar word met internasionale vrede, nasionale stabiliteit en menselewens gedobbel, blyk dit te wees.
Die Namibiese president, minister van gesondheid en besluitnemers skuld die nasie ’n verduideliking, antwoord en oplossing: Wat word met ons belastinggelde gemaak? Wat word nou van pasiënte? Wat word van gesondheidswerkers wat in MIV/vigsprogramme werk? Het die Swapo-regering ’n plan? Het die SAOG en die AU ’n plan? Ons verlang en dring ernstig en dringend aan op daadwerklike diplomatieke ingryping, politieke toewyding, en begrotings-, program- en gesondheidsoplossings.
BELEGGING
Namibië moet ’n volhoubare kostedoeltreffende benadering tot dié kwessie aanneem en volg. Belegging in mediese navorsing, geneeskunde, medisyne, mediese sorg en fasiliteite op MIV/vigsgebied, behoort voorrang te geniet. ’n Nasionale dinkskrum wat alle belanghebbendes holisties betrek, moet gehou word.
Die minister van gesondheid het verseker dat Namibië vir so ’n gebeurtenis voorberei het, maar dit blyk dat dit nie die geval is nie. Te midde ’n reeks ryk natuurlike hulpbronne, wil die Namibiese regering net bankhand staan en nie leer om self vis te vang nie. Dit móét onmiddellik end kry, want ons staan op die rand van ’n gewisse hel vorentoe en krisis wat kan afgeweer word.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie