Briewe
Briewe

Namibië se digitale toekoms by ’n kruispad (Deel 2)

Lesersbrief
Anoniem

ANONIEM SKRYF:

4. “Namibië se grootte. . . en hoë konnektiwiteitskoste. . .”

Bekostigbaarheid is ’n kwessie, met ramings van:

– N$5 000 tot N$6 000 eenmalige hardewarekoste

– N$900 tot N$1 000 maandelikse intekening

Tog:

– Baie Namibiërs betaal reeds soortgelyke (of hoër) bedrae vir beperkte en stadiger dienste

– Een Starlink-terminaal kan tot 128 toestelle bedien, wat per-gebruiker koste dramaties kan verlaag (potensieel onder N$100 per toestel in gemeenskapsopstellings – hoe veel meer bekostigbaar kan dit wees?)

– Huishoudings oor verskillende inkomstevlakke belê reeds in vergelykbare tegnologieë soos DStv en slimfone

(Op daardie punt – nog inligting om oor te frons. . . MultiChoice Namibia is 51% in Namibiese besit via Kalahari Holdings, die kommersiële arm van die Swapo-party, wat hierdie meerderheidsbelang sedert 1991 hou. Die oorblywende 49% word deur MultiChoice Africa gehou.)

Dit bring ’n belangrike beginsel na vore: Moet bekostigbaarheid deur die regering bepaal word, of deur individuele keuse en marktoegang?

5. Nakomingsgeskiedenis – ’n Praktiese vraagstuk

Cran het ook nie-nakoming aangehaal op grond van beweerde oortredings van die Kommunikasiewet.

Maar:

– Starlink bedryf ’n globale satellietstelsel en beheer nie waar gebruikers toerusting gebruik nie.

– Verbruikers kan toerusting onafhanklik aankoop en in die land in bring.

Vergelykbare situasies:

– Satelliet-TV-toerusting (bv. DStv) kan in RSA aangekoop word, daar aangeskakel en oor die grens gebring word – die uitsaai satelliete sal nie bewus wees dat die gebruiker geskuif het nie.

– Motorvervaardigers word nie aanspreeklik gehou vir ongelisensieerde voertuie nie.

Om ’n diensverskaffer aanspreeklik te hou vir gebruikersgedrag skep ’n twyfelagtige presedent.


OPENBARE MENING

Die Windhoek Observer het gesê: “Die verwerping van Starlink se lisensie kan werkskepping benadeel en geleenthede in die digitale ekonomie beperk.”

Prokureur Kadhila Amoomo het plaaslike verskaffers “onbetroubare monopolieë” genoem: “Namibiërs moet aanhou ly onder ’n onbetroubare monopolie… data is duur en verval selfs as dit nie gebruik word nie.”


SLOTSOM

Hierdie besluit is ’n klap in die gesig vir alle Namibiërs – nie net dié wat dringend die tegnologie benodig nie.

Ek vind dit moeilik om verder kommentaar te lewer met my tande uitgeskop. . . – Die einde


* Beste lesers, keuring vir die ­publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesers­bydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van ­private besighede word eers aan die onder­neming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-09-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer