My naelskraap-ondervinding

Mandy Rittmann
ANNINA SKRYF:

Ek en my gesin het op 21 Maart vanjaar by vriende gaan kuier.

Hulle het ook perde gehad en ek wou bietjie gaan ry het. Toe ons daar aankom het ek die perd gaan opsaal. Die perd se gedrag was vreemd, maar ek het nie regtig aandag daaraan gegee nie. Ek is baie lief vir perde en ek gee nie om op watter perd ek ry nie, want ek wil altyd net perdry. Toe ek op die perd klim, toe wil die perd net hardloop. Ek het hom probeer stop, maar die perd wou nie luister nie. Die ander perde was nog in die kraal. Hulle loop elke dag in die veld. Die perd was nie baie mak vir my toe ek op hom wou ry nie. Die werkers van die plaas ry altyd op die perd. Hulle staan op hom en slaan swepe rondom die perd en dan reageer die perd nie vreemd nie.

Ek het uitgery, ek was regtig nie lus vir die perd se streke nie. Hy was heel rustig, seker vir vier minute. Ons was nie lank uit nie toe runnik die perde in die kraal. Die perd wou net by hulle wees. Hy het toe begin draf, ek het weer probeer om hom te stop, maar hy wou net nie luister nie. Ek het omgekyk na die oom saam met wie ek in die veld uitgery het. Dit moes ek nie gedoen het nie. Die perd het toe begin galop. Ek het hom weer probeer stop, en weer eens het hy nie geluister nie. Ek het toe begin om te stres. Die perd het volspoed gehardloop. Die enigste woorde wat ek uitgekry het was: “Jesus help my!”

Toe ek dit sê, toe gooi die perd my in ʼn pendoringbos. Ek het net gevoel iets krap my op my lyf. Ek het niks gevoel toe ek val nie. Ek het deur die bos gegaan en toe deur dit gerol. Ek het op die dorings geval. Dit het soos ʼn slegte droom gevoel. Ek het my oë oopgemaak en nog gekyk hoe die perd weghardloop.

Ek het toe weer opgestaan en na die oom toe geloop en gesê: “Ek is oukei.” Hy het my ʼn drukkie gegee en die heel eerste doring uitgetrek. En toe kom ek eers agter wat regtig gebeur het.

Ek het net daar begin huil. Ek het toe na die mense se huis gestap waar my gesin, saam met ons vriende, gewag het. My suster het die hele tyd drukkies en soentjies vir my gegee. Sy het maar versigtig drukkies gegee, omdat dit bitter seer was. My mamma het vir my badkamer toe gevat en die dorings een vir een uitgetrek. Sy het seker 15 dorings uitgetrek. Dit was so seer dat sy meeste nie kon uitkry nie. Een doring het in my aar ingesteek. Dit het onmiddellik opgeswel. My gesin het my hospitaal toe geneem.

Dokter Nhau was aan diens. Hulle het daardie aand so baie dorings uitgehaal; seker maklik nog 15 dorings. Die dorings was net sulke klein punte. Sy kon nie alles uithaal nie. Ons het toe by die huis gekom. En my suster het aan my skouer geraak toe voel sy iets hard in my skouer. My mamma het dieselfde aand nog ʼn doring in my skouer uitgehaal. Een wond was baie seer.

Die volgende dag moes ons weer teruggaan vir nog ’n doring in my heup. Ons het ná twee weke teruggegaan en dr. Nhau het nog ’n doring uitgetrek. Dit was die langste een van almal. Dr. Nhau het vir my gesê ek is baie sterker as meeste kinders van my ouderdom én grootmense.

Die woorde wat sy vir my gegee het was: “The Lord is my rock, my pillar and my fortress.”

Dit het al meer as ʼn maand gelede gebeur en daar is nog steeds dorings in my arms. Die hemp wat ek aangehad het, is nou vol gate waar die dorings ingesteek het.

Die woorde op my hemp was: “JUST BREATH.”

Meer as 30 dorings in uit my lyf getrek. Ek is so bly ek lewe! Dit kon baie anders gewees het!

DANKIE JESUS!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer