My gelukkige plek
As jy in jou laat 20’s is, beteken dit dis die ouderdom waar jy glo jy is ’n volwassene totdat jy jou skoene soek en hulle heeltyd aan jou voete is. Ek is daardie intro-ekstrovert tipe mens. Dit beteken ek hou daarvan om uit te gaan, maar dan sit ek halfpad deur die aand en wonder hoekom ek nie eerder my pajamas aangehou het nie.
Ek het ’n klein vriendekring, en glo my, dis genoeg. Meer mense beteken meer drama en ek is nie lus vir WhatsApp-groepe wat nooit stilbly nie.
Dis amper asof ek twee weergawes van myself het; die een wat gemaklik kuier en die ander wat net stil sit en waarneem.
Die plek waar ek altyd heeltemal myself kan wees, is in die kombuis. Ek weet nie of dit die reuk van uie wat braai is, of die gemak om iets met my eie hande te skep nie, maar dit laat my veilig voel.
Vir my gaan kook nie net oor kosmaak nie, dis hoe ek liefde wys en hoe ek stilte en geselskap kan balanseer. En dan moet jy nie eens “baie praat” noem nie. Ek praat baie as ek gemaklik is.
Met “baie” bedoel ek ek gaan binne vyf minute van “net hallo sê” na “ons moet die hele wêreld se probleme oplos”. Maar sit my in ’n kamer vol vreemdelinge en ek verander skielik in die “stil tipe”.
In my kop praat ek egter steeds, ek dink net niemand is reg vir daardie kommentaar nie. “Regtig, dra jy Crocs hier?” of “Dis jou derde bord kos, Boet”.
My gelukkige plek? Die kombuis. Ek is daar in my element. Ek kan ure lank groente sny en dink ek is op ’n kookprogram. Totdat ek my vinger sny en skielik besef ek is maar net in my eie kombuis met ’n vuil oondbak.
Kook is soos terapie vir my. Dis waar ek stilte vind, maar ook waar ek mense voed en dus nie stilte kry nie, want dan moet almal vir my sê hoe lekker dit is. En as jy nie sê dis lekker nie, wel, jy kry net nie weer ’n bord kos van my af nie.
Nog iets omtrent 28 wees; mense dink jy het jou lewe “uitgefigure” – huis, kar, werk, alles is in plek. Ek? Ek is bly as my yskas vol melk is en my Wi-Fi werk. Dis my definisie van sukses.
En natuurlik, as jy sê jy bly liewer tuis as om uit te gaan, kry jy daai “ag shame, jy het oud geword”-kyk. Nee, ek is nie oud nie, ek waardeer net my kombers en ’n goeie reeks meer as ’n klewerige dansvloer.
Ek het ook besef ek is eintlik baie beter in die kombuis as by die gym. Ek bedoel, wie wil dumbbells lig as jy ook ’n pan kan optel? Ek sweet minder en ek kry aan die einde iets om te eet. Boonop hoef jy nie aan iemand te verduidelik hoekom jy net drie minute op die treadmill oorleef het nie.
En ja, ek dink te veel in my eie kop. Dis ’n voortdurende gesprek daarbinne.
“Moet ek vanaand uitgaan? Nee, ek is moeg. Maar dalk loop ek iets mis?
Maar wat as daardie “iets” net weer iemand is wat oor hul kat se dieet praat? Teen die tyd wat ek klaar besluit het, is dit reeds te laat om te gaan en staan ek weer voor die stoof.
Maar weet jy wat? Ek is heel tevrede daarmee. Want uiteindelik is ek darem altyd in goeie geselskap, al is dit net ek en my eie gedagtes.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie